‘Geen maat­skap­py kon vir N­kand­la bie’

Beeld - - Nuus -

Die toe­ken­ning van ’n ten­der aan Mo­ney­mi­ne En­ter­pri­ses om met fa­se 1 van die vei­lig­heids­op­gra­de­rings by pres. Ja­cob Zu­ma se N­kand­la-land­goed te be­gin, is nie reg­ver­dig ge­doen nie, want geen maat­skap­py kon toe bie of ’n kwo­ta­sie in­dien nie.

So het Chris­ti­an Leg­wa­be, fo­ren­sie­se hoof­on­der­soe­ker van die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid (SOE), gis­ter ge­tuig.

Mo­ney­mi­ne, wat na be­rig word Zu­ma se voor­keur-kon­struk­sie­maat­skap­py was, was be­trok­ke by die bou van die hoof­huis, die om­lig­gen­de ron­da­wels, die bun­ker in die hoof­huis en die hei­ning om die kom­pleks wat as deel van die op­gra­de­rings­werk aan die kom­pleks aan­ge­bring is.

Leg­wa­be het ge­sê die on­der­han­de­ling­stra­te­gie wat die streeks­bod­be­reg­ti­gings­ko­mi­tee (RBAC) ge­volg het toe hy die ten­der aan Mo­ney­mi­ne toe­ge­ken het, was nie reg­ver­dig, deur­sig­tig of kos­te­doel­tref­fend nie.

“Daar is tal­le kon­struk­sie­maat­skap­pye in die da­ta­ba­sis van (die de­par­te­ment van) o­pen­ba­re wer­ke be­ne­wens Mo­ney­mi­ne.

“Hul­le het nooit die ten­der ge­ad­ver­teer nie,” het Leg­wa­be ge­sê.

Hy het ge­tuig in die dis­si­pli­nê­re ver­hoor van Jayshree Par­de­si, na­si­o­na­le di­rek­teur ver­ant­woor­de­lik vir die be­stuur van sleu­tel­re­ke­nin­ge by die de­par­te­ment.

Par­de­si is een van 12 amp­te­na­re van die de­par­te­ment wat daar­van be­skul­dig word dat hul­le on­wet­tig op­ge­tree het in hul rol in die R246 mil­joen-vei­lig­heids­op­gra­de­ring by Zu­ma se woon­kom­pleks.

Leg­wa­be het ge­sê Par­de­si het die ten­der op 15 Ju­nie 2010 aan Mo­ney­mi­ne toe­ge­ken na­dat die ten­der­pro­ses mid­del 2009 be­gin is.

“Hul­le het ses maan­de ge­had om die ten­der te ad­ver­teer en be­hoor­li­ke pro­se­du­res te volg. Daar was geen drin­gend­heid en nood­ge­val om die on­der­han­de­ling­stra­te­gie te ge­bruik nie.

“Hul­le moes die oop­ten­der­pro­ses ge­bruik en ’n bie­ër ge­kies het wat kos­te­doel­tref­fend sou wees.

“Hul­le het nie pry­se ver­ge­lyk nie,” het hy ge­tuig.

Leg­wa­be het ook ge­tuig dat die ge­hal­te van die vol­tooi­de op­gra­de­rings­werk on­be­vre­di­gend was.

Hy het ge­sê Par­de­si en die ko­mi­tee kon nie aan die SOE die no­tu­les ver­skaf van die ko­mi­tee­ver­ga­de­ring waar­op die be­sluit oor die ten­der ge­neem is nie.

“Die no­tu­les. . . moes daar ge­wees het. As geen op­na­mes ge­maak is nie, moes die grif­fier daar ge­wees het om no­tu­les te neem so­dat die ra­si­o­na­li­teit van die be­sluit her­sien kon word,” het Leg­wa­be ge­tuig.

Hy sê Par­de­si het in sy on­der­houd met haar be­ves­tig dat sy aan die ver­ga­de­ring en die me­to­do­lo­gie deel­ge­neem het om die ten­der van R6,1 mil­joen toe te ken.

Vol­gens hom het die on­der­han­de­lin­ge op R3 mil­joen be­gin.

Hy sê sy kon ook nie re­des gee waar­om die ten­der aan Mo­ney­mi­ne toe­ge­ken is nie.

“Haar toe­sig­hou­er was nie daar­die dag be­skik­baar nie en hy het haar ver­soek om hul af­de­ling te ver­teen­woor­dig.

“Ek het haar van wan­ge­drag aan­ge­kla, want sy en die RBAC het na­ge­laat om die ver­re­ke­nings­be­amp­tes se toe­stem­ming te kry voor­dat sy die ten­der toe­ge­ken het,” het Leg­wa­be ge­sê.

Die RBAC het vol­gens hom op sy eie die be­sluit ge­neem son­der om te mo­ti­veer waar­om hy van die ver­kry­gings­be­leid af­ge­wyk het.

Op die vraag van adv. T­hu­la­ni K­hu­z­wa­yo, voor­sit­ter van die ko­mi­tee, oor hoe Mo­ney­li­ne aan die ko­mi­tee voor­ge­stel is, het Leg­wa­be ge­sê dit was nie deel van sy on­der­soek nie en hy wou nie op “hoor­sê” praat nie.

Je­an Rin­del, pro­jek­be­stuur­der, het le­de van die bod­ko­mi­tee oor­reed om ’n on­der­han­de­lings­pro­ses te volg en “hul­le het in­ge­stem en die ten­der goed­ge­keur en toe­ge­ken”, sê Leg­wa­be.

Die ver­hoor word van­dag voort­ge­sit.

Fo­to: JONATHAN BURTON

Pres. Ja­cob Zu­ma se pri­va­te woon­kom­pleks by N­kand­la waar­aan staats­geld van R246 mil­joen be­stee is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.