‘P­re­si­den­sie mis­bruik’

Só be­dryf Zu­ma ‘sy mis­da­di­ge on­der­ne­ming’, sê Ho­lo­mi­sa

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die nuut­ste #GuptaLeaks-onthullings dat die Gup­ta-fa­mi­lie se ten­ta­kels tot in die hart van die p­re­si­den­sie strek, her­be­ves­tig die ver­moe­de dat pres. Ja­cob Zu­ma “die p­re­si­den­sie mis­bruik om sy mis­da­di­ge on­der­ne­ming te be­dryf”, sê Ban­tu Ho­lo­mi­sa, lei­er van die UDM.

Die uit­ge­lek­te e-pos­bood­skap­pe wys die Gup­tas het Zu­ma se groot­ste ver­trou­e­lin­ge be­derf met on­der meer va­kan­sies, sa­ke­ge­leent­he­de, kon­tant, BBP-be­han­de­ling in sok­ker­sta­di­ons en me­de-di­rek­teur­skap­pe in maat­skap­pye, het S­cor

pio, News24 en a­maB­hun­ga­ne ont­hul.

Dié in­vloed­ry­ke per­so­neel­le­de is genl.maj. Mu­zin­gaye Dlad­la, Zu­ma se hoof­lyf­wag; Mo­got­la­di Mo­ga­no, Dlad­la se vrou en hoof­di­rek­teur in die kan­toor van die ad­junk­pre­si­dent; La­ke­la Kaun­da, Zu­ma se per­so­neel­hoof; en Del­sey Sit­ho­le, sy pri­va­te se­kre­ta­ris.

Die Dlad­la-eg­paar het vir ’n tyd in ’n huis van die Gup­tas ge­woon.

Som­mi­ge van die groep was ook gas­te by die be­faam­de Gup­ta-troue by Sun Ci­ty wat die Wa­ter­kloof­her­rie ont­ke­ten het. ’n Bur­ger­li­ke vlieg­tuig wat gas­te Suid-A­fri­ka toe ge­bring het, het des­tyds op die Wa­ter­kloof-lug­mag­ba­sis ge­land en ’n blou­lig­kon­vooi het hul­le na Sun Ci­ty ver­ge­sel.

Die eg­paar, Kaun­da en Sit­ho­le ont­ken e­ni­ge wan­ge­drag en sê hul­le het hul plig­te pro­fes­si­o­neel uit­ge­voer.

Ho­lo­mi­sa sê as Suid-A­fri­ka wa­re wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe ge­had het, sou hul­le die nuut­ste onthullings on­der­soek het om­dat daar be­slis ’n pri­ma fa­cie-saak is.

“Die si­tu­a­sie stink van heel bo af. Dit is waar­om hul­le al die on­der­soe­ke na staat­skaping so lank as moont­lik pro­beer ver­traag.”

Al­les dui daar­op dat Zu­ma sy kin­ders “as fron­te ge­bruik om hom saam met die Gup­tas te ver­ryk”.

“Self sy per­so­neel­le­de word mis­bruik. Die he­le si­tu­a­sie is vrot. Die e­nig­ste op­los­sing is dat die ANC Suid-A­fri­ka help deur Zu­ma te her­roep so­dat die ge­reg sy be­loop kan neem.”

Pa­kes Dik­get­si, na­si­o­na­le voor­sit­ter van Co­pe, sê die tyd haal Zu­ma in. “Suid-A­fri­ka sal bin­ne­kort ont­plof weens sy kor­rup­sie om­dat men­se moeg is vir al­les wat in sy ter­myn in die land ver­keerd gaan. Ons raad aan Zu­ma is dat hy die land in sy ver­troue neem en met die waar­heid uit­kom om­dat die strop ál sty­wer om sy nek trek en die leu­ens en ont­ken­nings nie ver­der sal help nie.”

Gra­ham C­har­ters, woord­voer­der van M­mu­si Mai­ma­ne, lei­er van die DA, sê die nuut­ste onthullings wys hoe die p­re­si­den­sie as die hoog­ste amp in die land net soos an­der be­lang­ri­ke staats­in­stel­lings, soos die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag en die Val­ke, on­der be­leg is.

Die DA oor­weeg regs­op­sies oor die onthullings en sal bin­ne­kort sy be­sluit be­kend maak.

Bon­ga­ni Ng­qulun­ga, Zu­ma se woord­voer­der, was nie vir kom­men­taar be­skik­baar nie.

Fo­to: GCIS

Pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.