‘Wan­trou­e­mo­sie sal moei­lik slaag’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma sal te­o­re­ties moei­lik slaag.

So het prof. S­ha­drack Gut­to, grond­wet­ken­ner aan U­ni­sa, gis­ter ge­sê.

’n Meer­der­heid van 50% plus een van die 400 LP’s in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) is no­dig vir die mo­sie om te slaag.

Die ANC het tans 249 LP’s. So­wat 201 LP’s moet dus die mo­sie steun om suk­ses­vol te wees.

Op­po­si­sie­par­tye sal die steun van min­stens 51 ANCLP’s no­dig hê om suk­ses­vol te wees. Op­po­si­sie­par­tye het vroe­ër aan­ge­dui dat hul­le al­les moont­lik sal doen om ver­al ANC-LP’s wat ge­grief is oor Zu­ma te oor­reed om die mo­sie te steun.

Gut­to sê as die mo­sie van wan­troue wel suk­ses­vol is “weens be­roe­pe dat ANC-LP’s met hul ge­we­te teen Zu­ma moet stem”, kan dit ver­rei­ken­de ge­vol­ge hê.

“Dit be­te­ken in­ge­vol­ge die Grond­wet dat Zu­ma, die ad­junk­pre­si­dent, mi­nis­ters en ad­junk­mi­nis­ters al­mal hul pos­te kwyt is.

“Die NV moet dan ’n nu­we pre­si­dent ver­kies wat ’n nu­we ka­bi­net en ad­junk­mi­nis­ters moet aan­wys.”

Vol­gens Gut­to is dit by­na 100 men­se wie se pos­te in die ge­drang sal wees.

“Daar­die pos­te is wel baie wins­ge­wend en dit is on­waar­skyn­lik dat mi­nis­ters en ad­junk­mi­nis­ters, wat ook ANC-LP’s is, die mo­sie sal steun. “Nie eens die ANC sal weet wat om in so ’n si­tu­a­sie te doen nie. Die par­ty het ’n oor­gro­te meer­der­heid en sal sy LP’s mo­bi­li­seer om die mo­sie te ver­werp.”

Vol­gens Gut­to is daar voor­sie­ning in die Grond­wet ge­maak wat dit moont­lik maak om net die pre­si­dent te ver­wy­der.

“Daar­die voor­sie­ning is nog moei­li­ker om uit te voer om­dat dit die steun van twee der­des van al­le LP’s in die NV ver­eis.”

Dr. Mak­ho­si K­ho­za, ANCLP, is een van die ge­grief­des wat dees­dae Zu­ma o­pen­lik pak.

Sy het vroe­ër ook o­pen­lik ge­sê dat ANC-LP’s op 8 Au­gus­tus ten ty­de van die mo­sie van wan­troue in Zu­ma in die par­le­ment met hul ge­we­te moet stem.

Sy het se­dert­dien doods­drei­ge­men­te ont­vang.

Die ANC in K­waZu­luNa­tal, Zu­ma se groot­ste steun­ba­sis, eis nou K­ho­za se kop.

K­ho­za het vol­gens M­du­mi­se­ni N­tu­li, woord­voer­der van die ANC in K­waZu­luNa­tal, “te ver ge­gaan” en sy moet die ge­vol­ge dra.

“K­ho­za is ’n ANC-lid en ’n LP wat nie im­muun teen po­li­tie­ke tug­stap­pe van die par­ty is nie,” lui hul ver­kla­ring. Vol­gens N­tu­li ver­teen­woor­dig K­ho­za se uit­la­tings die “erg­ste vorm van ar­ro­gan­sie” wat heel­te­mal af­wyk van die op­tre­de wat van ’n ANC-ver­teen­woor­di­ger ver­wag word.

‘‘ Nie eens die ANC sal weet wat om . . . (dán) te doen nie.

Dr. Mak­ho­si K­ho­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.