Zim be­no­dig glo mil­jar­de vir e­lek­sie

Beeld - - Nuus -

Zim­bab­we het min­stens R3,5 mil­jard ($274 mil­joen) no­dig vir sy vol­gen­de pre­si­dents­ en al­ge­me­ne ver­kie­sing, word be­rig.

Vol­gens New Zim­bab­we.com het Ri­ta Ma­ka­rau, voor­sit­ter van die Zim­bab­wie­se ver­kie­sings­kom­mis­sie (ZVK), aan ’n ko­mi­tee oor vrou­e­sa­ke in die par­le­ment ge­sê sy meen die te­sou­rie, wat fi­nan­si­eel suk­kel, sal daar­voor kan be­taal.

Zim­bab­wi­ërs gaan na ver­wag­ting vol­gen­de jaar na die stem­bus na­dat die op­po­si­sie­par­tye ver­kie­sings­her­vor­mings ge­vra het.

Op­po­si­sie­par­tye het via die Na­ti­o­nal E­lec­to­ral Re­form A­gen­da (Ne­ra) ge­sê hul ge­duld raak op en hul­le gaan op ver­skeie ma­nier pro­beer om die ver­lang­de her­vor­mings voor die ver­kie­sing in­ge­stel te kry.

Op­po­si­sie­par­tye wil ’n ver­kie­singsal­li­an­sie skep om pres. Ro­bert Mu­ga­be uit die kus­sings te lig.

Mu­ga­be het die be­plan­de al­li­an­sie van op­po­si­sie­par­tye as ’n be­spot­ting af­ge­maak en ge­sê hul­le maak dit mak­li­ker vir sy par­ty, want hy kan dan op een vy­and fo­kus p­leks van óp ver­skeie par­tye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.