Wi­id kry MRK­brief oor klag­te

Skry­wer het 21 dae om te re­a­geer

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die Suid-A­fri­kaan­se Men­se­reg­te­kom­mis­sie (MRK) het ’n brief oor die be­we­rings teen haar aan die Chris­te­li­ke skry­wer G­re­tha Wi­id ge­stuur waar­in sy in ken­nis ge­stel word van die on­der­soek teen haar.

Sy het, vol­gens haar regs­ver­teen­woor­di­ger, Wil­lie S­pies, 21 dae om hier­op te re­a­geer en haar kant van die saak te stel.

Hoe­wel die MRK gis­ter nie op na­vrae hier­oor ge­re­a­geer het nie, het S­pies be­ves­tig dat hul­le dié brief ont­vang het.

Gie­lie Hoff­mann, een van die kla­ers, is ook deur die MRK in­ge­lig dat dié brief aan Wi­id ge­stuur is.

Dit volg op ver­skeie klag­tes oor be­weer­de dis­kri­mi­ne­ren­de aan­mer­kings wat Wi­id in ’n boek vir tie­ners oor ho­mo­sek­su­a­li­teit maak.

Bu­ang Jo­nes, Gau­teng­se be­stuur­der van die MRK, het vroe­ër ge­sê die kom­mis­sie het die klag­te be­stu­deer en vas­ge­stel dit val on­der die MRK se ju­ris­dik­sie.

“Die pri­ma fa­cie-oor­tre­dings en die be­trok­ke reg­te is die reg op ge­lyk­heid, kin­der­reg­te en vry­heid van uit­druk­king,” het Jo­nes in daar­die sta­di­um ge­sê.

Kla­ers is om­ge­krap na­dat Wi­id on­der meer in haar boek Lyfslim vir mei­sies ge­skryf het dit is “hart­seer” om ho­mo­sek­su­eel te wees.

“On­ge­ag wat die re­des vir ho­mo­sek­su­a­li­teit is (of jy nou met my saam­stem of nie), dit bly hart­seer. Sul­ke men­se kan nooit op die nor­ma­le ma­nier kin­ders hê nie. En sou hul­le kin­ders aan­neem, sal die kin­ders nooit die won­der­li­ke voor­reg hê om ’n pap­pa én mam­ma te hê nie,” lui ’n pa­ra­graaf in die boek.

Hoff­mann, ’n gees­tes­brei­er van P­re­to­ria, het in re­ak­sie op die MRK se brief aan Wi­id ge­sê: “Die MRK het be­vind dat die klag­tes teen haar bin­ne hul ju­ris­dik­sie val en dat hul­le die saak ver­der sal neem. Ek het vroe­ër ’n ver­ga­de­ring met die MRK ge­had en van Wi­id se boe­ke vir hul­le ge­gee om te lees om kon­teks aan ons klag­tes te gee.

“Die pro­bleem wat ek het, is dat die boe­ke ge­rig is op bloed­jong kin­ders van 10 tot 13 jaar oud. Dis ge­skryf as ’n soort hand­lei­ding vir ou­ers om aan hul kin­ders te gee.

“Ek voel die mees­te ou­ers lees nie self die boe­ke nie en is dus nie ver­troud met wat daar­in ge­sê word nie.

“My pro­bleem is die hoof­stuk oor ho­mo­sek­su­a­li­teit. Dit ves­tig ste­re­o­ti­pes en maak ver­al­ge­me­nings en Wi­id ge­bruik se­lek­tie­we By­bel­ver­se vir haar stellings,” het Hoff­mann ver­dui­de­lik.

Vol­gens hom is Wi­id nie ’n ken­ner nie en sy vrees is dat ’n kind wat nog nooit oor iets soos ho­mo­sek­su­a­li­teit ge­praat het nie, se eer­ste ken­nis­ma­king daar­mee dié boe­ke kan wees.

“Dit ves­tig ’n eer­ste per­sep­sie oor ho­mo­sek­su­a­li­teit. Nê­rens gee sy vir ’n kind wat gay is die ver­se­ke­ring dat dit ou­kei is en dat die kind wel ’n nor­ma­le, ge­luk­ki­ge le­we kan lei nie.

“Hoe­wel die boe­ke in 2009 uit­ge­gee is, is daar ’n 2017-her­uit­ga­we, wat vir my daar­op dui dat sy by haar stand­punt in die eer­ste boe­ke bly,” het Hoff­mann ge­sê.

Hy het by­ge­voeg dat hoe­wel vry­heid van spraak, as­so­si­a­sie en ge­loof be­lang­rik is, moet ’n mens vra wan­neer be­gin dié reg­te an­der se reg­te te na kom.

“Dis hoe­kom die MRK hier­na moet kyk en dit moet meet aan die Grond­wet en die Hand­ves van Men­se­reg­te,” het hy ge­sê.

Fo­to: LISA HNATOWICZ

G­re­tha Wi­id

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.