Rooi­mie­re slaan toe op Fat­ti’s Man­si­ons

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Groot on­te­vre­den­heid het gis­ter in die Jo­han­nes­burg­se mid­de­stad ge­heers toe die ei­e­naar van Fat­ti’s Man­si­ons die Rooi­mie­re in­ge­roep het om in­wo­ners uit te smyt.

Po­li­sie- en me­tro­po­li­sie­le­de het ’n wa­ken­de oog ge­hou ter­wyl die Rooi­mie­re die ge­bou ont­ruim en die in­wo­ners se be­sit­tings op straat ge­sit het.

In­wo­ners van die ge­bou, op die hoek van Jep­pe- en Har­ri­son­straat, het ge­kla dat hul­le nie eens tyd ge­had het om hul be­sit­tings te ver­wy­der en an­der bly­plek te kry nie, be­rig Wi­kus de Wet. Jo­han­nes­burg se de­par­te­ment van ge­meen­skaps­vei­lig­heid het gis­ter be­ves­tig die o­wer­heid het op ’n wet­ti­ge uit­set­tings­be­vel ge­re­a­geer.

“Die uit­set­tings­be­vel het niks met die Jo­han­nes­burg­se me­tro­raad te doen nie.

“Dit is die ge­volg van ’n wet­ti­ge hof­be­vel wat deur die ei­e­naar­van die ge­bou ver­kry is,” het Luy­an­da M­fe­ka, woord­voer­der van die Jo­han­nes­burg­se bur­ge­mees­ter se kan­toor, gis­ter ge­sê.

“Hier­die is nie nood­wen­dig ’n ge­kaap­te ge­bou nie en die Jo­han­nes­burg­se me­tro­raad is nie voor­af oor die uit­set­ting in ken­nis ge­stel nie,” het M­fe­ka ge­sê.

Vol­gens hom het die Jo­han­nes­burg­se me­tro­raad met die ei­e­naar van die ge­bou pro­beer on­der­han­del om die si­tu­a­sie af te weer, maar het die ge­sprek skyn­baar nie vrug­te af­ge­werp nie.

M­fe­ka sê die po­li­sie en me­tro­po­li­sie word al­tyd ook ont­plooi om toe­sig te hou om o­pen­ba­re or­de te ver­se­ker wan­neer die Rooi­mie­re e­ni­ge uit­set­tings doen.

‘‘ Die Jo­han­nes­burg­se me­tro­raad is nie voor­af oor die uit­set­ting in ken­nis ge­stel nie.

Fo­to: WI­KUS DE WET

’n Lid van die Rooi­mie­re met ’n mas­ker op dra ’n ma­tras uit die ge­bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.