Gou spring om bo­nus­prys te wen

Beeld - - Nuus -

Met ’n sken­king van slegs R30 kan jy tot mô­re ver­blyf vir drie nag­te by ’n be­stem­ming van die Le­ri­ba-ho­tel­groep wen in die RSG-Beeld-Kin­der­fond­s­pro­jek. Neem só deel: SMS die woord PEUGEOT na 41511 (R30 per SMS) of be­taal jou sken­king by die Beeld-Kin­der­fonds se bank­re­ke­ning in by Ab­sa, 4050654867, tak 632005. Ge­bruik jou naam, van en sel­nom­mer as ’n ver­wy­sing.

Die wen­ner kan kies tus­sen die Le­ri­ba Bush Lod­ge by P­ha­la­bor­wa, die Le­ri­ba Co­as­tal Lod­ge aan die K­waZu­lu-Na­tal­se noord­kus en die Le­ri­ba-ho­tel in Cen­tu­ri­on.

As jy wen en die Le­ri­ba Co­as­tal Lod­ge kies, kry jy ver­blyf vir drie nag­te vir 12 men­se by die vyf­ster­self­sorglod­ge op die 12de set­perk van die P­rin­ce’s Grant-gholf­land­goed aan die Dol­fyn­kus in K­waZu­lu-Na­tal. Dis 15 mi­nu­te van die King S­ha­ka-lug­ha­we, 45 mi­nu­te noord van Dur­ban en 20 km van Bal­li­to. Die lod­ge het ses luuk­se ka­mers met en sui­te-bad­ka­mers, ’n ten vol­le toe­ge­rus­te oop­plan­kom­buis, ’n groot leef- en ont­haal­ver­trek, ’n swem­bad en ’n uit­sig op die In­die­se O­se­aan. Die gholf­baan is deur Pe­ter Mat­ko­vich ont­werp en bied ’n uit­da­gen­de gholf-er­va­ring. Jy kan ki­lo­me­ters ver langs die pri­va­te s­trand stap. Daar is ook ’n ten­nis- en pluim­bal­baan.

Be­soek le­ri­ba.co.za vir meer in­lig­ting.

Jou deel­na­me bring jou ook in aan­mer­king om la­ter van­jaar ’n Peugeot 208 Acti­ve ry­ker te wees wan­neer die al­ge­he­le wen­ner ge­trek word. Rig na­vrae aan

011 976 2273, in­fo@beeld­kin­der­fonds.co.za of volg die Beeld-Kin­der­fonds op Facebook.

■ Dié bo­nus­prys geld net sken­kings wat nog van­dag en mô­re ge­doen word. Die wen­ner word mô­re­mid­dag deur A­mo­re Bek­ker op T­jai­la­tyd op RSG 100-104 fm aan­ge­kon­dig.

Die Le­ri­ba Co­as­tal Lod­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.