Mi­nis­ters ver­ga­der oor U­ber­aan­val­le

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, en Joe Mas­wan­ga­nyi, mi­nis­ter van ver­voer, het gis­ter ver­ga­der oor die aan­val­le op U­ber-be­stuur­ders en om ma­nie­re te be­spreek waar­op hul­le kan in­gryp om ’n ein­de daar­aan te maak.

U­ber-be­stuur­ders word ge­reeld deur me­ter­tax­i­be­stuur­ders aan­ge­val. Me­ter­tax­i­be­stuur­ders sê U­ber steel hul klan­te om­dat U­ber goed­ko­per is.

Die ge­weld het tot die dood van Lin­de­la­ni Mas­hau ge­lei. Hy is ver­le­de maand bui­te Lof­tus Vers­feld in P­re­to­ria in sy mo­tor aan die brand ge­steek en is Maan­dag­og­gend dood.

M­ba­lu­la sê in ’n vi­deo wat hy ge­twiet het, die ge­weld gaan oor me­de­din­ging.

“Dit gaan daar­oor dat U­ber te ge­so­fis­ti­keerd is en dit het ’n deel van die mark van die tax­i­be­stuur­ders weg­ge­neem. Me­ter­tax­i­be­stuur­ders is duur­der as U­ber en U­ber is oral toe­gank­lik.”

Hy sê U­ber kan jou by jou huis op­laai. Dit help be­ken­de men­se wat nie wil hê an­der moet weet hul­le het nie ’n mo­tor nie. “U­ber het die waar­dig­heid van sul­ke men­se her­stel, want as jy ’n be­ken­de is, wil jy nie in ’n taxi wees nie.”

Sa­man­tha Al­len­berg, woord­voer­der van U­ber A­fri­ka, sê U­ber het ook ’n drin­gen­de ver­ga­de­ring met Mas­wan­ga­nyi en M­ba­lu­la ge­vra. Sy wil nie sê of die mi­nis­ters op die ver­soek ge­re­a­geer het nie en sê sy praat nie na­mens die de­par­te­men­te nie.

Te­re­sa Mun­chick, ’n lid van die U­ber-be­stuur­ders­be­we­ging, sê die ge­weld het tot on­mens­li­ke vlak­ke ge­styg. “Sul­ke da­de is bar­baars. Die hart­seer ding is dat ons voel me­ter­tax­i­be­stuur­ders se woe­de is mis­plaas.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.