‘Ci­ti­zen’ se ge­bou ont­ruim oor brand

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Die A­pol­lo-ge­bou in die P­re­to­ri­a­se mid­de­stad, wat on­der meer die Cax­ton-dag­blad The Ci­ti­zen se kan­to­re huis­ves, moes gis­ter ont­ruim word toe dit in ’n dig­te rook­wolk ge­hul is.

Jo­han Pie­ter­se, woord­voer­der van die Tshwa­ne-brand­weer, sê hul­le is om­streeks 12:15 na die to­neel ont­bied en daar is be­sluit om die ge­bou te ont­ruim.

“Die mees­te men­se het reeds self hul weg uit die ge­bou ge­vind, maar ons het die ge­bou stel­sel­ma­tig deur­ge­soek vir e­nig­een wat ag­ter­ge­laat kon wees.”

Vol­gens Pie­ter­se is drie men­se op die to­neel vir lig­te rook­i­na­se­ming be­han­del, maar is nie­mand erns­tig be­seer nie.

Die oor­saak van die brand was b­lyk­baar ’n trans­for­ma­tor op die eer­ste ver­die­ping se par­keer­ter­rein wat moont­lik weens rom­mel of fou­tie­we e­lek­trie­se be­dra­ding ag­ter die ma­sjien aan die brand ge­raak het. Die pre­sie­se oor­saak van die brand sal deur ’n on­der­soek be­ves­tig word.

Die brand­weer het ook hul han­de vol ge­had met men­se wat hul voer­tuie wou gaan s­kuif. Hul­le is ge­keer om­dat hul­le nie son­der die no­di­ge a­sem­ha­lings­toe­rus­ting daar kon in­gaan nie.

Vol­gens Pie­ter­se was die si­tu­a­sie net ná 16:00 on­der be­heer en is men­se toe­ge­laat om weer die ge­bou te be­tree.

Li­ze Nel, woord­voer­der van Ci­ty Pro­per­ty, wat die be­trok­ke ge­bou be­sit, sê die om­vang van die ska­de is nog on­be­kend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.