Po­li­sie soek moor­de­naar, brand­stig­ters

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

Die po­li­sie het ’n lys van ver­dag­tes in die moord op ’n man en die brand by ’n ANC-raads­lid se kan­toor in At­te­rid­ge­vil­le, P­re­to­ria.

In­wo­ners het eer­gis­ter­og­gend be­toog oor die toe­de­ling van er­we in ’n uit­brei­ding van die towns­hip.

Vol­gens konst. Mand­la­kayi­se Z­wa­ne, po­li­sie­woord­voer­der, is ’n 28-ja­ri­ge man ty­dens die be­to­ging ge­skiet.

Die po­li­sie het gis­ter­og­gend ge­hoor die slag­of­fer is dood.

Die op­roe­ri­ges het raads­lid Bet­ty Rin­ga­ne se R2 mil­joen-kan­toor­ge­bou in Ver­ge­noeg in At­te­rid­ge­vil­le aan die brand ge­steek. Die in­houd – 110 stoe­le, drie ys­kas­te, twee sto­we, 20 re­ke­naars en kan­toor­meu­bels – is ver­nie­tig.

“Hoe­wel nie­mand nog in heg­te­nis ge­neem is nie, het die po­li­sie ’n lys van ver­dag­tes. Ons ver­wag om bin­ne­kort men­se in heg­te­nis te neem,” sê Z­wa­ne.

Die si­tu­a­sie was teen gis­ter­og­gend on­der be­heer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.