Tie­ner vas na­dat sy glo vir po­li­sie jok oor aan­val in park

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

’n Tie­ner­mei­sie is op ’n klag van dwars­bo­ming van die ge­reg in heg­te­nis ge­neem na­dat sy op Facebook uit­ge­vaar het teen mans wat haar in ’n par­kie aan­ge­val het, maar die po­li­sie het vas­ge­stel dat haar aan­ty­gings moont­lik ’n ver­sin­sel was.

Die 17-ja­ri­ge het Maan­dag op Facebook haar “na­re on­der­vin­ding” ge­deel, waar­in sy sê sy is aan­ge­val. Haar naam word weer­hou om­dat sy min­der­ja­rig is.

Haar in­skry­wing lui: “So van­dag was nie een van my bes­te dae nie. Ek het na die par­kie af in die pad ge­gaan (waar­na ek nou al ja­re lank gaan) en twee swart mans het langs my op die ban­kie kom sit. Ek het om­ge­loop

Don­der­dag 20 Ju­lie 2017

en on­der een van die bo­me gaan sit.

“Toe ek weer kyk, het hul­le op­ge­staan en uit die par­kie ge­loop en was hul­le nê­rens te vin­de nie. Vyf mi­nu­te la­ter het hul­le van ag­ter ge­kom en een het my kop teen ’n boom ge­slaan, my op­ge­tel en het een of an­der skerp voor­werp teen my keel ge­hou en ge­sê as ek ’n ge­luid maak, maak hul­le my dood.

“Hul­le het my vir my foon deur­soek, maar ek het dit by die huis ge­los. So­wat ’n mi­nuut la­ter het die man wat die skerp voor­werp teen my ge­hou het sy greep be­gin ver­loor en ek het ge­dink dit is nou my kans om te vlug. Soos wat ek pro­beer weg­kom het, het hy my aan die kant van my kop be­gin steek. Ek het baie bloed ver­loor soos wat ek huis toe ge­hard­loop het.

“Ek is so bly en dank­baar dat niks erns­tig ge­beur het nie.”

Sy gee dan ’n be­skry­wing van die oor­tre­ders en vra in­dien e­nig­ie­mand in Brackenfell die mans sien, hul­le haar moet kon­tak.

Sy sê daar is ’n las­brief uit­ge­reik vir die twee se in­heg­te­nis­ne­ming. Haar in­skry­wing is ver­ge­sel van fo­to’s van haar be­bloe­de ge­sig waar ’n sny­merk aan die kant van haar ge­sig ge­sien kan word. Lt. An­drè Traut, po­li­sie­woord­voer­der, sê ’n klag van po­ging tot roof en aan­ran­ding is aan­vank­lik Maan­dag by die Brackenfell-po­li­sie aan­han­gig ge­maak na­dat ’n 17-ja­ri­ge mei­sie glo deur twee mans in ’n par­kie in Hi­bis­cus­sin­gel in Pro­te­a­hoog­te, Brackenfell, aan­ge­val is. Ná deeg­li­ke on­der­soek is die jong mei­sie Dins­dag in heg­te­nis ge­neem. Haar in­skry­wing op Facebook is ook in­tus­sen ver­wy­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.