FW­ge­sprek: M­cKai­ser was ‘on­ver­draag­saam’

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Eu­se­bi­us M­cKai­ser, om­roe­per van die ra­di­o­sta­sie Talk Ra­dio 702, het on­ver­draag­saam en on­reg­ver­dig op­ge­tree teen­oor ’n woord­voer­der van FW de Klerk in ’n ge­spreks­pro­gram waar­in hy daar­op uit was om De Klerk te dis­kre­di­teer.

Die Uit­saai­klag­te­kom­mis­sie van Suid-A­fri­ka (UKKSA) het be­vind dat M­cKai­ser twee ge­drags­ko­des oor­tree het met sy han­te­ring van ’n ge­sprek oor De Klerk.

Die UKKSA het be­vind dat M­cKai­ser nie ’n ge­ba­lan­seer­de sie­ning op sy pro­gram ge­hul­dig het nie en ook nie die an­der sy van die sto­rie ge­kry het nie. Hy het ook nie aan De Klerk of sy woord­voer­der die ge­leent­heid ge­gee om daar­op te ant­woord nie.

M­cKai­ser het op 7 Mei van­jaar ’n pro­gram uit­ge­saai op 702 en Ca­peTalk 567 om die om­stre­de kwes­sie van die rol van De Klerk in die po­li­tie­ke dis­koers oor die toe­koms van die land te be­spreek.

“Die aan­bie­der (M­cKai­ser) het ’n vy­an­di­ge om­ge­wing op die pro­gram ge­skep deur ’n toe­spraak van De Klerk in 1993 bui­te kon­teks uit te saai. (M­cKai­ser) was on­ver­draag­saam jeens stand­pun­te wat van sy­ne ver­skil het en het geen re­de­li­ke po­ging aan­ge­wend om ge­reg­ver­di­ge stand­pun­te van ’n an­der kant te stel nie,” het die UKKSA be­vind.

Nóg De Klerk nóg sy woord­voer­der is na die pro­gram ge­nooi of kans ge­gun om hul kant te stel – in ’n pro­gram met die “dui­de­li­ke doel om De Klerk te kri­ti­seer”.

Boon­op is Da­ve S­te­ward, voor­sit­ter van die raad van trus­tees van die FW de Klerk-s­tig­ting wat in­ge­bel het, se ge­sprek af­ge­sny ter­wyl hy sy punt pro­beer stel het.

Die UKKSA het be­vind dat M­cKai­ser twee ge­drags­ko­des oor­tree het.

“Dit is vir ons dui­de­lik dat die voor­ne­me van die aan­bie­der was om De Klerk in die swak­ste moont­li­ke lig te stel en in die pro­ses was hy nie ver­draag­saam jeens stand­pun­te wat van sy­ne ver­skil nie. Hy het dus nie ba­lans tus­sen op­po­ne­ren­de stand­pun­te ver­kry nie.”

Dr. T­heuns Eloff, uit­voe­ren­de di­rek­teur van die FW de K­lerk­stig­ting, sê hul­le aan­vaar die uit­spraak, maar is te­leur­ge­steld met die straf­maat­re­ël. Die UKKSA se straf­maat­re­ël is slegs ’n te­reg­wy­sing en sluit nie ’n op­drag in om ’n op­som­ming van die be­vin­dings uit te saai nie.

M­cKai­ser het na­vrae na sy hoof­kan­toor ver­wys.

Eu­se­bi­us M­cKai­ser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.