A­gu­ma be­dank; ‘hy be­ken só skuld’

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Ter­wyl po­li­tie­ke par­tye die be­dan­king van Ja­mes A­gu­ma, ge­skors­te waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van die SAUK, ver­wel­kom, sê die staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge in die par­le­ment (S­koor) A­gu­ma se skie­li­ke be­dan­king is ’n skuld­be­ken­te­nis oor die SAUK se fi­nan­si­ë­le ge­mors.

A­gu­ma het gis­ter­og­gend op die vyf­de sit­ting van sy tug­ver­hoor in Sand­ton, Jo­han­nes­burg, be­dank son­der om re­des te gee.

A­gu­ma is in Mei deur die SAUK se tus­sen­tyd­se raad ge­skors weens on­der meer fu­di­si­ê­re pligs­ver­suim, on­eer­lik­heid toe hy ’n oor­een­koms met die maat­skap­py Le­zaf en Lor­na Vi­si­on aan­ge­gaan het en regs­ver­y­de­ling in ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring wat hy af­ge­lê het in die wan­ge­drag­saak teen Hlau­di Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge SAUK-be­dryfs­hoof.

K­ha­nyi­si­le K­weya­ma, voor­sit­ter van die SAUK se tus­sen­tyd­se raad, het gis­ter ge­sê hoe­wel die SAUK die klag­te teen A­gu­ma te­rug­ge­trek het, kan ’n on­der­soek van die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid (SOE) steeds daar­toe lei dat straf­reg­te­li­ke klag­te teen A­gu­ma aan­han­gig ge­maak word.

K­weya­ma sê on­reg­ma­ti­ge kon­trak­te wat in A­gu­ma se ter­myn toe­ge­ken is, is aan die SOE oor­han­dig.

“Po­ten­si­ë­le mis­da­di­ge op­tre­de wat dalk uit die SOE se on­der­soek sal spruit, sal be­paal hoe­veel geld die SAUK moet ver­haal.”

Vol­gens K­weya­ma sal ’n an­der pro­ses ge­volg word as A­gu­ma be­trek word by an­der oor­tre­dings.

T­hem­bi Go­di, voor­sit­ter van S­koor, be­skul­dig A­gu­ma daar­van dat hy die klag­te wat teen hom aan­han­gig ge­maak is, pro­beer vry­spring en rig ’n plei­dooi aan die SAUK om sy straf­reg­te­li­ke aan­spreek­lik­heid vas te stel.

Dit is on­dui­de­lik of A­gu­ma ’n goue hand­druk gaan kry na­dat K­weya­ma ge­sê het A­gu­ma en die SAUK het nog nie oor ’n skik­kings­oor­een­koms be­gin on­der­han­del nie.

“S­koor doen ’n be­roep op die SAUK se in­ter­ne fo­ren­sie­se ou­dit-een­heid en die SOE om hul pro­ses­se te be­spoe­dig so­dat die reg­te men­se aan­spreek­lik ge­hou kan word vir die on­re­ël­ma­ti­ge, vrug­te­lo­se en ver­kwis­ten­de uit­ga­wes.”

Pa­kes Dik­get­si, Co­pe se na­si­o­na­le voor­sit­ter, sê A­gu­ma moes lank­al be­dank het.

“A­gu­ma is dui­de­lik on­be­kwaam en het dui­de­lik on­pro­fes­si­o­ne­le ge­drag ge­o­pen­baar. Hy en die net so mis­plaas­te Hlau­di Mot­soe­neng was die kor­rup­te heer­sen­de e­li­te wat die o­pen­ba­re uit­saai­er am­per ver­nie­tig het,” sê Dik­get­si.

Co­pe en die DA vra die SAUK om A­gu­ma aan­spreek­lik te hou vir die fi­nan­si­ë­le ver­lie­se weens sy op­tre­de.

Ts­he­li­so Ra­li­ta­bo is tans die SAUK se waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof.

Fo­to: WI­KUS DE WET

Ja­mes A­gu­ma, die SAUK se ge­skors­te waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof wat gis­ter sy be­dan­king in­ge­dien het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.