‘On­der­wy­sers moet ge­li­sen­si­eer word’

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

On­der­wy­sers moet li­sen­sies kry en ge­toets word om se­ker te maak hul­le is be­voeg om on­der­wys te gee.

Dít is die me­ning van prof. Jonathan Jan­sen, oud­rek­tor van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat wat eer­gis­ter­aand ’n be­spre­king oor sy jong­ste boek, As by Fi­re, by die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad se sa­ke­skool ge­hou het.

Jan­sen sê as hy aan­ge­stel word as mi­nis­ter van on­der­wys, sal hy ’n li­sen­sie­stel­sel vir on­der­wy­sers skep. “Jy sal moet wys jy is be­voeg om skool te hou.”

Vol­gens Jan­sen wys na­vor­sing as ’n mens een ding in die on­der­wys­stel­sel wil ver­an­der, is dit die hou­ding van on­der­wy­sers. On­der­wy­sers moet ver­staan wat dit werk­lik be­te­ken om on­der­wys te gee.

Oor gra­tis ho­ër on­der­rig sê Jan­sen Suid-A­fri­ka is nie ’n ryk land nie. As hy die keu­se moes doen, sou hy die geld in voor­skool­se on­der­rig sit. Jan­sen sê as kin­ders nie die ba­sie­se grond­slag kry in ge­let­terd­heid en sy­fer­vaar­dig­heid nie, kan dit nie ver­se­ker word dat hul­le nie een van die 500 000 kin­ders word wat tus­sen gr. 1 en gr. 12 uit die skool­stel­sel ver­dwyn nie.

Oor die toe­la­tings­ver­eis­tes vir ho­ër on­der­wys sê Jan­sen die een ding wat sy bloed­druk laat styg, is die “sag­te min­ag­ting” deur ver­wag­tin­ge wat ver­laag word. Dit in­sti­tu­si­o­na­li­seer la­er stan­daar­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.