44,6% van SA vroue ly aan vet­sug

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Wê­reld­wyd ly meer as 2 mil­jard uit die 7 mil­jard men­se op aar­de aan ge­sond­heids­pro­ble­me – soos kanker – weens vet­sug.

In een van die groot­ste stu­dies tot nog toe oor vet­sug en die ge­sond­heids­pro­ble­me wat dit ver­oor­saak, is ver­klaar vet­sug is ’n “groei­en­de en ont­stel­len­de wêreldwye o­pen­ba­re gesondheidskrisis”.

Dié na­vor­sing is on­langs ge­pu­bli­seer in The New Eng­land Jour­nal of Me­di­ci­ne.

Hier­vol­gens kom die hoog­ste vet­sug­sy­fer in A­fri­ka vir vroue – 44,6% – in Suid-A­fri­ka voor.

’n Toe­ne­men­de ge­tal men­se sterf weens die ge­vol­ge van vet­sug, al “ly hul­le nie teg­nies aan vet­sug nie”, het die na­vor­sers be­vind.

So­wat 4 mil­joen sterf­tes in 2015 kon daar­aan toe­ge­skryf word, al kon dié men­se op grond van hul lig­gaams­mas­sain­deks nie as vet­sug­tig be­stem­pel word nie.

Die stu­die het na die da­ta van 195 lan­de ge­kyk en daar­vol­gens is ge­mid­deld 30% van vol­was­se Suid-A­fri­ka­ners oor­ge­wig of vet­sug­tig en 8,8% van kin­ders. Die sy­fer vir mans in Suid-A­fri­ka is 14,7%.

Prof. Benn Sarto­ri­us van die U­ni­ver­si­teit van K­waZu­lu-Na­tal, wat na­vor­sing doen oor siek­te­las en kanker-e­pi­de­mi­o­lo­gie, het by na­vraag ge­sê tal­le soor­te kanker is al­ge­me­ner in men­se wat oor­ge­wig is of wat aan vet­sug ly. Dit sluit in bors­kan­ker ná me­no­pou­se, kanker van die in­ge­wan­de, baar­moe­der, sluk­derm, pan­kre­as, nie­re, le­wer, boon­ste deel van die maag, ei­er­stok­ke, gal­blaas, skild­klier, as­ook mi­ëloom (’n soort bloed­kan­ker) en me­nin­gi­oom (’n soort brein­kan­ker).

Hy sê dat ek­stra lig­gaams­vet die pro­duk­sie van se­ke­re hor­mo­ne en groei­fak­to­re kan ver­hoog en dit kan ’n sein­baan vir kanker skep. Vet­sel­le trek ook im­mu­ni­teit­sel­le na weef­sel­sel­le. Dié im­mu­ni­teit­sel­le ver­oor­saak lang­du­ri­ge in­flam­ma­sie wat tot kanker kan lei.

Prof. Al­ta S­chut­te, die SuidA­fri­kaan­se Me­die­se Na­vor­sings­raad se een­heids­di­rek­teur vir hi­per­ten­sie en kar­di­o­vas­ku­lê­re siek­tes, sê baie men­se in SuidA­fri­ka is oor- en on­der­voed. Al­bei toe­stan­de tel as wan­voe­ding.

“In Suid-A­fri­ka is on­der­voe­ding ’n klei­ner, maar oor­voe­ding ’n reu­se­bron van kom­mer. Oor­voe­ding be­te­ken jy het ge­noeg kos om te eet, maar jy eet die ver­keer­de kos.”

Sy sê die jong­ste na­vor­sing wys Suid-A­fri­kaan­se vroue se vet­sug­sy­fer is die hoog­ste in A­fri­ka, maar ook die kin­ders in die land se sy­fer is ho­ër as die wê­reld­ge­mid­del­de.

“Daar is ’n wan­op­vat­ting dat vet­weef­sel ‘net daar sit’. Vet­sel­le is baie ak­tief en dit skei ska­de­li­ke stow­we af. Dit word ook ge­as­so­si­eer met ho­ër vlak­ke van in­flam­ma­sie in die bloed en raak im­mu­ni­teit­sel­le.”

Sy sê kin­ders moet van baie jonk af baie be­ter eet, dan sal hul­le nie pro­ble­me hê wan­neer hul­le ou­er is nie.

S­noe­pies by sko­le bly ’n pro­bleem en ou­ers moet be­heer uit­oe­fen oor wat hul kin­ders eet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.