1 500 spe­sies in die­re­ryk het gays

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Ho­mo­sek­su­e­le ge­drag is reeds in meer as 1 500 spe­sies soog­die­re en vo­ëls ge­ï­den­ti­fi­seer, sê Jas­per Buikx, ’n bi­o­loog van die Ar­tis-die­re­tuin in Am­ster­dam, Ne­der­land.

Nou skud dié die­re­tuin sy ve­re reg vir die jaar­lik­se Gay P­ri­de-op­tog, wat bin­ne­kort in die stad ge­hou word. Be­soe­kers kan op be­ge­lei­de toe­re gaan om meer oor ho­mo­sek­su­a­li­teit in die die­re­ryk te leer.

“Die laas­te paar jaar is baie na­vor­sing oor ho­mo­sek­su­a­li­teit in die die­re­ryk ge­doen,” sê Buikx.

Een van die groot­ste die­re­groe­pe ná vo­ëls waar­in ho­mo­sek­su­a­li­teit ge­sien is, is ape. Dié ge­drag word ver­al baie in die Ja­pan­se ma­kaak ge­sien. “In som­mi­ge groe­pe wys by­na 80% van die vrou­li­ke ape sek­su­e­le in­ter­ak­sie tus­sen me­kaar. Daar­by is so­wat ’n der­de van al­le pa­rings ho­mo­sek­su­eel,” sê Buikx.

Die Ja­pan­se ma­kaak ge­bruik ho­mo­sek­su­e­le in­ter­ak­sie om sog­gens “hal­lo” te sê en om hi­ë­rar­gie vas te stel, sê hy.

Som­mi­ge wy­fies kies ’n an­der wy­fie vir die pa­ring­sei­soen en ver­keer in dié sei­soen glad nie sek­su­eel met man­ne­tjies nie. “Som­mi­ge wy­fies is selfs hul he­le le­we lank les­bi­ërs.”

Ho­mo­sek­su­a­li­teit is ook by leeus en o­li­fan­te ge­ï­den­ti­fi­seer.

Buikx sê o­li­fan­te ge­bruik ho­mo­sek­su­e­le in­ter­ak­sies om te oe­fen om te paar. “Dit is vir ’n o­li­fant­bul baie moei­lik om met ’n koei te paar, dus oe­fen die jon­ger man­ne­tjies op me­kaar.”

’n Voor­beeld van ’n die­re­paar­tjie wat ’n lang, sterk band het, is twee man­li­ke aas­vo­ëls in die Ar­tis-die­re­tuin. Hul­le het van­jaar saam ’n ei­er uit­ge­broei wat in hul nes ge­sit is en die kui­ken be­gin groot­maak.

By fla­min­ke is so­wat 25% van al­le paar­tjies van die­self­de ge­slag en hul­le vorm ook le­wens­lan­ge ban­de.

Fo­to: AR­TIS, FACEBOOK

Die twee aas­vo­ël­man­ne­tjies wat ’n ei­er saam in die Ar­tis­die­re­tuin in Am­ster­dam uit­ge­broei het. Regs: Dié aas­vo­ël­tjie het so­wat twee maan­de ge­le­de uit­ge­broei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.