Plas­tiek­her­win­ning stel pro­bleem net uit

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die mens­dom het se­dert die ver­vaar­di­ging van plas­tiek in 1950 be­gin het al so­veel ver­vaar­dig dat dit ge­lyk is aan die ge­wig van 10 000 Eif­fel­to­rings.

En net 9% is en word suk­ses­vol her­win. Die res word ver­brand of in die grond be­gra­we.

Dít is die be­vin­ding van na­vor­sing wat gis­ter­aand in die vak­joer­naal S­cien­ce Ad­van­ces ge­pu­bli­seer is.

Die groot­skaal­se ver­vaar­di­ging van plas­tiek is vol­gens die na­vor­sing meer as se­ment en staal.

“As dit voort­gaan, sal 12 mil­jard me­trie­ke ton plas­tiek­ge­mors teen 2050 in die grond be­gra­we wees. Dit is 35 000 keer swaar­der as die Em­pi­re S­ta­te-ge­bou in New York.”

Teen 2050 sal die plas­tiek­pro­duk­sie reeds op 34 mil­jard me­trie­ke ton staan.

Dr. Jen­na Jam­beck, een van die stu­die­lei­ers, sê in ’n ver­kla­ring die mees­te plas­tiek breek nie noe­mens­waar­dig af nie. Al die plas­tiek wat men­se ver­vaar­dig het, sal “hon­der­de en selfs dui­sen­de ja­re met ons wees . . . Se­dert plas­tiek in 1950 ver­vaar­dig is, is by­na die helf­te die af­ge­lo­pe 13 jaar ver­vaar­dig”.

Daar is men­se wat van­dag leef wat ’n wê­reld son­der plas­tiek kan ont­hou, maar ook hul­le het so ge­woond ge­raak daar­aan dat hul­le nie meer daar­son­der kan klaar­kom nie.

“’n Mens kan nê­rens heen gaan son­der om plas­tiek te vind wat die om­ge­wing be­soe­del nie,

‘‘

’n Mens kan nê­rens heen gaan son­der om plas­tiek te vind wat die om­ge­wing be­soe­del nie.

in­slui­tend die o­se­a­ne,” sê Jam­beck.

Vol­gens die stu­die is her­win­ning nie ’n op­los­sing nie om­dat dit die pro­ses net ver­traag – uit­ein­de­lik be­land al­le plas­tiek in die om­ge­wing. Plas­tiek is nie bio-af­breek­baar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.