Be­lang­stel­ling in P­rel­ler dryf hoë pry­se

Bied be­leg­gings­waar­de soos Pier­neef, Laub­ser

Beeld - - Promosie­artikels -

’NS­kil­de­ry deur A­lex­is P­rel­ler wat in 1936 vir net £5 ver­koop is, word vol­gen­de week deur S­te­phan Welz & Co. in Jo­han­nes­burg op­ge­veil teen ’n ver­wag­te prys van R500 000 tot R700 000, wat die on­lang­se op­le­wing in be­lang­stel­ling in dié kuns­te­naar se werk weer­spie­ël.

“Die prys van wer­ke deur P­rel­ler het skerp ge­styg en sy wer­ke het ’n ge­sog­te, goeie be­leg­ging ge­word, baie soos dié van Pier­neef en Mag­gie Laub­ser,” sê Lu­ke Cross­ley, kuns­spe­si­a­lis by S­te­phan Welz & Co. Hy wys daar­op dat ’n por­tret deur P­rel­ler (1911 – 1975) ver­le­de jaar vir R2,2 mil­joen op­ge­veil is, om­trent tien keer meer as die ver­wag­te prys.

Deel van die nuut­ge­von­de en­toe­si­as­me vir sy werk is vol­gens Cross­ley die pu­bli­ka­sie in 2009 van A Vi­su­al Bi­o­grap­hy: A­lex­is P­rel­ler, A­fri­ca, the Sun and S­hadows deur Esmé Ber­man en Ka­rel Nel.

“Dit het ver­sa­me­laars ’n waar­de­ring vir die diep­te en om­vang van sy werk ge­gee en men­se ken­nis laat neem daar­van,” sê Cross­ley.

Die P­rel­ler-werk wat S­te­phan Welz & Co. op 25 en 26 Ju­lie op hul nu­we per­seel, die Kil­lar­ney-bui­te­klub, Vyf­de Straat 60, Houg­h­ton-land­goed, gaan op­veil, is ’n in­tie­me por­tret van sy ma, O­li­via Ma­ria P­rel­ler, wat hom ten vol­le on­der­steun het in sy keu­se om kuns sy loop­baan te maak. Die skil­de­ry, in o­lie­verf op doek, is vir £5 pond ver­koop op sy eer­ste uit­stal­ling in Suid-A­fri­ka, wat in 1936 in die G­len-mu­siek­sa­lon in P­re­to­ria ge­hou is.

Vroue is ook die on­der­werp van nog twee uit­son­der­li­ke wer­ke op die vei­ling. Al­bei beeld ’n Ma­lei­er­vrou van Kaap­stad uit.

Die Bel­gies ge­bo­re Mau­ri­ce C­har­les Lou­is van Essche (1906 – 1977) het hom in 1940 op die ou­der­dom van 34 jaar in Kaap­stad ge­ves­tig. Hy het sy kuns toe­ge­wy aan ’n in­ter­pre­ta­sie van A­fri­ka­men­se en -land­skap­pe, en sy werk op die aan­na­me ge­grond dat “skil­der ’n in­tie­me di­a­loog tus­sen die skil­der en die le­we is”. Sy be­na­de­ring word ge­ïl­lus­treer in die werk wat op­ge­veil word en wat bloot Por­trait ge­noem word, met ’n ver­wag­te prys van R250 000 tot R350 000.

Die kon­tem­po­rê­re kuns­te­naar Li­o­nel S­mit (1982 –) het reeds ’n aan­sien­li­ke in­ter­na­si­o­na­le aan­hang, en sy Ma­lay Wo­man, in o­lie op doek, word aan­ge­bied teen ’n ver­wag­te prys van R300 000 tot R400 000.

Pie­ter Wil­lem F­re­de­rick Wen­ning (1873 – 1921), ’n Am­ster­dam­mer van ge­boor­te, het ’n groot deel van sy wer­k­le­we in Kaap­stad deur­ge­bring.

Wen­ning, wat met ge­sond­heid­heids­pro­ble­me ge­suk­kel het en dik­wels taam­lik knor­rig was, het uit­ge­blink in die skil­der van kalm land­skap­pe en stil­le­wens van blom­me met de­li­ka­te at­mos­fe­rie­se ei­en­skap­pe, wat sy on­stui­mi­ge ge­aard­heid weer­spreek het. Sy vaar­dig­heid word weer­spie­ël in S­till Li­fe with Flo­wers, wat teen ’n ver­wag­te prys van R150 000 tot R250 000 op­ge­veil gaan word.

Vir nog in­lig­ting ska­kel

011 880 3125, be­soek www.ste­phan­wel­zan­d­co.co.za, of stuur e-pos na ste­phan­welz@ste­phan­wel­zan­d­co. co.za

Die sil­wer sop­kom met twee hand­vat­sels uit die vroeë Vic­to­ri­aan­se era deur Paul S­torr is ge­da­teer 1838.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.