Moe­nie dat wit skuld jou on­der­kry

Beeld - - Kommentaar - Piet T­heron, Pot­chef­stroom

Dit was nie vir my mak­lik om die dig­ter Da­nie Marais se ru­briek oor wit mans in Sa­ter­dag se Beeld te lees nie.

In se­ke­re de­le klink dit as­of hy on­ge­mak­lik voel om ’n wit man in die land te wees.

Aan al­le mans, ver­al die jon­ger ge­slag, wat dalk ook voel dat hul­le nie ’n plek in Suid-A­fri­ka het nie, wil ek graag die vol­gen­de sê: Daar is geen re­de waar­om jul­le skul­dig hoef te voel om­dat jul­le meer be­voor­reg is nie. Jou ou­ers het hard ge­werk om jou in die po­si­sie te kon plaas, al was dit in die tyd toe swart men­se nie die­self­de ge­leent­he­de ge­had het nie.

Jy self werk van­dag ook nog hard om jou e­ko­no­mie­se po­si­sie te hand­haaf.

Daar­op stem ek ook nie saam met die san­ger Bou­wer Bosch se ver­sko­ning vir a­part­heid nie.

Ek wil graag weet: Wat­ter aan­deel het hy ge­had in die son­des van die ver­le­de dat hy nou daar­voor ver­sko­ning wil vra?

Som­tyds voel ek swart men­se oor­be­klem­toon die on­der­druk­king van die vo­ri­ge be­de­ling. As ek kyk na die En­gel­se se on­der­druk­king van die A­fri­ka­ner, dan het A­fri­kaan­se wit men­se dit ook nie al­tyd te mak­lik ge­had nie.

Ons het vir se­ker baie om op trots te wees en som­tyds ver­geet ons dit.

Ons laat die kon­stan­te ver­wy­sing na die ou be­de­ling die oor­hand kry.

Ek wil ’n be­roep doen op al­le jong wit men­se: Moe­nie dat jou skuld­ge­voe­lens jou laat dink jy het nie ’n plek in die land nie.

Glo in jou­self, maar met ne­de­rig­heid. Jy sal nie baat vind deur hoog­moe­dig en ar­ro­gant te wees nie, soos wat ons ge­reeld in die me­dia uit­ge­beeld word. Staan reg­op, kyk wes en doen jou bes.

Moe­nie toe­laat dat men­se jou in­ti­mi­deer nie.

Ek be­sef dit is moei­lik in die hui­di­ge be­de­ling, maar waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Baie s­terk­te aan al­mal wat kans sien vir die uit­da­ging.

Vir dié wat aan­hou kla en ne­ga­tief is, kan ek maar net sê: Ek kry jul­le jam­mer.

Da­nie Marais

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.