Goeie Nuus

Só raak ek ge­beds­fiks

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Hoe raak ek ge­beds­fiks? Hoe kry ek dit reg om son­der op­hou te bid, soos wat Pau­lus in 1 Tes­sa­lo­ni­sen­se skryf? Hoe bid ek ook son­der om in ge­yk­te woor­de en fra­ses vas te val?

Wel, daar’s geen re­sep vir “reg­te” ge­be­de nie. Maar daar is wel vas­te be­gin­sels.

Ge­bed is al­tyd ge­sprek met die le­wen­de God. Ge­bed is om in Je­sus se naam met Hom te praat.

Nee, dit is nie in die eer­ste plek vraag-en-ant­woord­ses­sies nie. Ek bid nie net as ek iets op die hart het, of iets van God wil hê nie.

Ek bid om Hom te ver­heer­lik. Ek bid om sy Naam groot te maak.

Ek bid want ek ge­niet God se teen­woor­dig­heid. Daar­om kan ek par­ty­keer net woord­loos en stil in sy teen­woor­dig­heid wees.

Ge­bed ge­beur ook in die reg­te le­we. Ek bid ag­ter my mo­tor se stuur­wiel; ter­wyl ek tou­staan, maar ook wan­neer ek doel­be­wus ge­beds­tye op­sy sit.

So oe­fen ek le­wens­lank om reg te bid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.