‘Sit dit af, sit ANN7 af, want dis ’n hel­se straf’

Beeld - - Middelblad -

Ter­wyl die Gup­tas suk­kel om hul staat­skapings­ak­sies in die duis­ter te hou en reeds deur Suid­A­fri­kaan­se ban­ke die deur ge­wys is, saai hul TV­ka­naal ANN7 steeds lus­tig op DStv uit. Met geld wat uit die SuidA­fri­kaan­se be­las­ting­be­ta­ler se sak ver­duis­ter is?

DStv­in­te­ke­na­re sal ook wil weet hoe­veel per­sent van hul in­te­ken­geld maan­de­liks be­taal om die op­per­ste pro­pa­gan­da­ en fop­nuus­ka­naal le­wend te hou. As dit bloot by­ge­dra het tot ’n ver­skei­den­heid van stemme op nuus­ka­na­le, sou daar nog ’n soort saak voor uit te maak ge­wees het. Kyk ge­rus en oor­deel self.

Dit sal die DStv­groot­ba­se loon om hul boe­ke oop te gooi en te ver­dui­de­lik hoe die vurk in die hef steek met die tran­sak­sie. Wie be­taal vir wie en, die heel be­lang­rik­ste, wie het al­mal kom­mis­sie ver­dien? (Hlau­di Mot­soe­neng van die SAUK het be­trek­king.) * Op­skrif met er­ken­ning aan Jo­han­nes Ker­kor­rel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.