De­ca be­leef eers teen­spoed en toe suk­ses in die Kaap

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ma­ri­a­na Ma­lan skap­py se naam.

Die Kaap het die in­stru­men­ta­le groep De­ca die na­week eers skrik­ge­maak en toe met hart­lik­heid oor­laai.

Die le­de van De­ca, Douw S­teyn en Her­man S­teyn, is Don­der­dag­aand be­steel toe hul­le in ’n woon­stel op Groen­te­mark­plein oor­ge­slaap het.

Hul­le het die vol­gen­de og­gend ge­sien die mo­tor wat hul­le ge­huur het se ven­ster is ge­breek. Die die­we het weg­ge­kom met ka­bels en 200 CD’s, wat hul­le by op­voe­rings in die Kaap wou ver­koop.

Hul­le het die CD’s in die mo­tor ge­los om­dat die hy­ser in die ge­bou waar hul­le ge­bly het, ge­breek was en hul tas­se baie swaar was, al­dus Her­man.

Van Vry­dag tot Son­dag het hul­le in die Somerset Mall op­ge­tree en hier het die men­se hul­le oor­wel­dig met po­si­tie­we re­ak­sie en hul­le het ’n re­kord op­ge­stel met al­bum­ver­ko­pe uit die hand.

Die twee het ten spy­te van teen­spoed nog die vol­gen­de vrae ge­ant­woord.

Ver­tel kort­liks hoe jul­le in die mu­siek­be­dryf be­land het.

Douw (Chris­ta S­teyn se seun):

Ek het die lief­de by my ma ge­kry en ek het van 2004 af vir haar op­na­mes ge­maak.

Her­man: Ek het van kleins af vi­ool­les ge­neem en toe BMus ge­swot aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. Daar­na het ek saam met DNA Strings ge­speel. Ek was vir twee jaar deel van DNA Strings (2007 en 2008).

Het jul­le nie pro­ble­me on­der­vind met die naam nie? Dit klink da­rem baie soos ’n be­ken­de pla­te­maat­

Ons is De­ca, nie Dec­ca nie, so dit ver­skil al klaar. Ek ver­moed ’n mens kan nie reg­tig “De­ca” pa­ten­teer nie, om­dat dit ’n G­riek­se woord is wat tien be­te­ken (ses ki­taar­sna­re en vier vir die vi­ool).

Meen jul­le die ge­wild­heid van in­stru­men­ta­le mu­siek neem toe?

Oor­see doen dit de­fi­ni­tief, ons sal daar­die vraag kan ant­woord oor Suid-A­fri­ka oor ’n jaar. Maar so ver gaan dit goed.

Wat is u­niek aan die mu­siek wat jul­le maak?

Ons dink die kom­bi­na­sie van vi­ool en a­koes­tie­se ki­taar en hoe ons dit toe­pas is nie te al­ge­meen nie. Ons pro­beer ook ons eie stem­pel op die mu­siek af­druk. Douw werk hard aan die ver­wer­king en pro­duk­sie van die mu­siek.

Gee net ’n bie­tjie meer in­lig­ting oor die s­nit­te op die al­bum Black Sails.

Vier is oor­spronk­lik – “Pi­cnic”, Fin­ni­gan”, “Black Sails” en “Sky­lig­hts”. Ons glo dit is ’n goeie kom­bi­na­sie van oor­spronk­li­ke mu­siek teen­oor co­vers. Ons het lank ge­dink oor wat­ter co­vers om op te sit. Daar is be­ken­de pop­lied­jies soos “W­recking Ball” van Mi­ley Cy­rus en “Fi­re­works” van Ka­ty Per­ry op, maar om­dat die li­rie­ke weg is en die me­lo­die deur ’n vi­ool ge­speel word, kry die mu­siek ’n nu­we aan­slag.

Is jul­le al­bei nou vol­tyds De­ca of doen jul­le ook nog an­der werk?

Al­hoe­wel De­ca 80% van ons tyd in be­slag neem, het ons ook saam ’n in­die la­bel wat ons al­bums op- neem en saam met an­der kuns­te­naars werk. Ons al twee doen ook fi­na­le meng vir ver­skeie pro­gram­me vir kykNET. Her­man gee ook vi­ool- en gum­boot-klas­se by ’n skool en Douw bied kur­sus­se aan vir jong op­ko­men­de ver­vaar­di­gers en klan­kin­ge­ni­eurs.

Wan­neer en waar is die al­bum be­skik­baar?

Die al­bum is reeds be­skik­baar op iTu­nes en Goo­gle Play en ons ver­koop dit uit die hand. Ons kan via Facebook ge­kon­tak word. Die al­bum sal ook bin­ne die vol­gen­de paar we­ke land-wyd in die win­kels be­skik­baar wees.

■ Be­soek De­ca by: Facebook: www.facebook.com/de­ca­band­sa

In­sta­gram: @de­ca­band­sa

Douw S­teyn (ki­taar) en Her­man S­teyn (vi­ool) is die le­de van De­ca.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.