‘Bo­hè­me’ lig, mak­lik ver­teer­baar en son­der ne­we­ef­fek­te

Beeld - - Kuns & Vermaak - Paul Boek­kooi Man­de­la, Jo­burg­te­a­ter

Hier­die is ’n La Bo­hè­me “lig­ht”. Pre­sies soos by koel­dran­ke of bier. Ge­mak­lik op die tong, baie ver­teer­baar en son­der on­ge­mak­li­ke ne­we-ef­fek­te.

Gau­teng O­pe­ra (GO) het nog al­tyd ar­tis­tiek die bes­te uit hul san­gers ge­haal met o­pe­ras wat eer­der ’n ko­mie­se as ’n hoogs dra­ma­tie­se aan­slag ver­eis.

Dié Bo­hè­me, wat in Lun­gi­le Cin­di se de­kor­ont­werp dui­de­lik sig­baar – maar ge­luk­kig ook nie té hi­per­re­a­lis­ties nie – in die Goud­stad af­speel, is eer­der ’n ge­not as een wat teen wil en dank die ei­en­skap­pe van die agt hoof­ka­rak­ters mu­si­kaal en dra­ma­ties tot groot diep­tes én hoog­tes pro­beer ont­gin.

Trou­ens, die nar­ra­tief van dié o­pe­ra durf nie his­to­ries vas­steek by die Pa­rys van die 1840’s nie, maar moet om ak­tu­eel te bly die ge­beu­re na ons eie tyd – ruim 170 jaar la­ter – ver­skuif.

Dit is bin­ne só ’n pro­ses waar u­ni­ver­se­le o­pe­ras die boeie van die tyd kan af­skud om met ’n fo­kus­ver­skui­wing na ’n nu­we eeu en ’n to­taal an­der mil­ieu dit ho­pe­lik ook op nu­we ge­ho­re te kan rig.

In Mar­cus De­san­do se af­skeids­pro­duk­sie vir GO staan sy groot­ste kwa­li­tei­te weer voor­op: Hy is ’n mees­ter in die klei­ner de­tail, die in­ter­per­soon­li­ke kon­tak­pun­te tus­sen men­se wat, ten spy­te van ar­moe­de, ge­kies het om bo­heems te le­we en i­de­a­le na te jaag.

Vir hom is die ka­fees en op­tog­te in die twee­de to­neel by­voor­beeld van min­der be­lang as die ka­rak­ters wat te mid­de van die mas­sas moet uit­staan. De­san­do het ook heel­wat ge­meen­pla­se, soos on­no­di­ge me­lo­dra­ma, wat al by Bo­hè­me in­ge­glip het, ver­my.

Hy het dit sui­wer as ’n en­sem­ble-o­pe­ra be­na­der.

Die lief­despaar, Mi­mi en Ro­dol­fo, is met oor­leg ge­kies. Met die jong, re­la­tief on­er­va­re so­praan K­ha­y­a­ka­zi Mad­la­la as Mi­mi is daar ri­si­ko’s ge­neem. Sy be­vind haar­self slegs in haar twee­de stu­die­jaar. Sy het vo­kaal ’n deeg­li­ke greep op dié rol, hoe­wel by­voor­beeld uit­ge­spon­ne le­ga­to-fra­ses nog iet­wat on­der­voed klink.

P­he­nye Mo­di­a­ne was slag­ge­reed vir sy Ro­dol­fo. Hoe­wel sy stem vo­lu­me­ge­wys nie die krag­tig­ste een op dié ver­hoog is nie, is die dra­ma­tie­se en kleur­nu­an­ses wat hy na vo­re bring, mu­si­kaal pre­sies én sui­wer. Mu­si­kaal is hy deur­gaans be­trok­ke en hy sug­ge­reer on­se­ker­heid en uit­ein­de­lik wan­hoop met oor­leg. Die wy­se waar­op hy sy e­mo­sies ver­baal ui­ter na­dat Mi­mi sterf, is oor­tui­gend han­teer.

Mar­cel­lo (Sol­ly Mo­taung) is die do­mi­ne­rend­ste per­soon te mid­de van die vier vrien­de. Dié ba­ri­ton is reeds ver op pad om ’n i­de­a­le ver­tol­king van dié rol te le­wer in stem­kleur, stem­bui­ging en mi­miek.

Litho N­qai se Mu­set­ta het in sang en spel eer­der ie­mand met ’n goue hart oor­ge­dra as die ge­yk­te pri­ma­don­na-ag­tig­heid van die meer­der­heid so­pra­ne.

C­hu­ma Si­je­qa as S­chau­nard het hier­die ba­ri­ton­rol sy eie ge­maak, al sou die “jas-a­ria” in die slot­to­neel nog kon wen wat in­ten­si­teit be­tref.

Ed­die Clay­ton is as ’n di­ri­gent he­laas nog nie ’n mees­ter van die immer kon­tras­te­ren­de Puc­ci­ni­i­di­oom nie. Hy slaag sel­de daar­in om aan die ver­haal ’n deur­gaans mu­si­ka­le ver­loop te bied.

■ Don­der­dag en Sa­ter­dag om 20:00. Son­dag om 15:00.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.