SA il­lus­treer­ders se werk vir kin­der­boe­ke in in­ter­na­si­o­na­le ka­ta­lo­gus

Beeld - - Kuns & Vermaak - Kuns­re­dak­sie

Drie Suid-A­fri­kaan­se kin­der­boek­il­lus­treer­ders het die voor­reg dat hul werk in ’n in­ter­na­si­o­na­le ka­ta­lo­gus ge­pu­bli­seer gaan word en op ’n “wê­reld­toer” ge­neem sal word.

Dié wen­ners van die Ver­beel dit!-kom­pe­ti­sie, ’n in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie vir kin­der­boek­il­lus­tra­sies, se werk gaan nef­fens dié van an­der wen-il­lus­tra­sies pryk. En by 2018 se Bo­log­na-kin­der­boe­ke­beurs in I­ta­lië sal van die be­kend­ste in­ter­na­si­o­na­le kin­der­boek­uit­ge­wers, wat ge­du­rig op soek is na nu­we ta­lent, die ka­ta­lo­gus on­der oë kry.

Pro­tea Boek­huis het van­jaar weer met drie in­ter­na­si­o­na­le uit­ge­wers saam­ge­span om die in­ter­na­si­o­na­le kin­der­boek­il­lus­tra­sie-kom­pe­ti­sie te or­ga­ni­seer, wat vir die wen­ners An­ge­la Banks, Nees­ke A­lex­an­der en H­jal­mar P­re­to­ri­us nu­we deu­re kan oop­maak.

In Suid-A­fri­ka was die be­oor­de­laars Piet Gro­bler, A­li­da Both­ma en Ma­ri­sa du Toit, wat uit 50 sterk in­skry­wings die drie bes­tes moes kies.

Banks is ge­loof vir haar uit­ne­men­de te­ken­teg­niek, die ver­ras­sings­e­le­ment in haar il­lus­tra­sies wat die ky­ker in­nooi en weg­voer na ’n be­to­we­ren­de ver­beel­dings­wê­reld.

A­lex­an­der is ook vir haar te­ken­ta­lent ge­loof en die stem­ming wat sy skep om ’n sto­rie te ver­tel. Haar ge­loof­waar­di­ge en po­ë­tie­se uit­beel­ding het die be­oor­de­laars oor­tuig.

P­re­to­ri­us se ver­tel­len­de il­lus­tra­sie­styl is i­de­aal vir ak­sie­ge­laai­de a­von­tu­re. Sy ver­moë om ’n ver­haal op ’n in­te- res­san­te ma­nier te ver­tel deur van ver­skil­len­de per­spek­tie­we en gloei­en­de kleu­re ge­bruik te maak, het die be­oor­de­laars be­ïn­druk.

Die werk van 20 wen­kuns­te­naars oor die wê­reld heen gaan deel wees van ’n in­ter­na­si­o­na­le rei­sen­de ten­toon­stel­ling.

Pro­tea wil met die kom­pe­ti­sie aan ’n in­ter­na­si­o­na­le ge­hoor wys wat­ter ta­lent daar plaas­lik skuil.

Vir il­lus­treer­ders om naam te maak, is dit van­dag nood­saak­lik om in­ter­na­si­o­na­le bloot­stel­ling te kry.

H­jal­mar P­re­to­ri­us is vir sy ver­tel­len­de il­lus­tra­sie­styl ge­loof.

An­ge­la Banks is uit­ge­son­der vir haar te­ken­ta­lent en ver­ras­sen­de e­le­men­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.