Ju­nie­in­fla­sie­koers 5,1% met duur­der vleis, sui­ker, be­hui­sing

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Kos­pry­se en be­hui­sings­kos­te was weer eens die groot­ste by­dra­ers tot die Ju­nie-in­fla­sie­koers van 5,1%.

En as jy jou di­eet wou aan­pas op grond van die kos­prys­sty­gings om jou beur­sie te laat a­sem skep, is dit ’n kwes­sie van gee en neem, ver­al as jy op die Ban­ting-di­eet is.

V­leis­pry­se was in Ju­nie steeds 13% ho­ër as ’n jaar ge­le­de, maar sui­ker en poe­ding, waar­van die ban­ters moet weg­bly, is nog duur­der met ’n sty­ging van 17,4%.

Juig as jy ’n ve­ge­ta­ri­ër is, want groen­te­pry­se was in Ju­nie 1% la­er as ’n jaar ge­le­de. Vrug­te is teen 3,9% ook nie so­veel duur­der as ’n jaar ge­le­de nie.

Die ban­ters sal ook bly wees om te hoor o­lies en vet­te se pry­se is 1,7% la­er as ’n jaar ge­le­de.

Gi­na S­choe­man, e­ko­noom van Ci­ti­group, ver­dui­de­lik die vleis­prys­in­fla­sie het die ver­lang­sa­ming in brood- en graan­pro­duk­pry­se teen­ge­werk om­dat die slag van vee steeds re­la­tief be­perk is.

Goeie oes­te het ge­help dat brood­pry­se van Mei tot Ju­nie ge­daal het. Sy ver­wag ver­lig­ting in vleis­prys­in­fla­sie teen die ein­de van die jaar. Kos­prys­in­fla­sie kan teen die ein­de van die jaar op 5,4% staan en in die loop van vol­gen­de jaar sta­bi­li­seer na­ma­te v­leis­pry­se uit­ein­de­lik be­gin daal.

‘‘ Goeie oes­te het ge­help dat brood­pry­se van Mei tot Ju­nie ge­daal het.

Aan die be­hui­sings­kant het die ge­mid­del­de huur­geld in Ju­nie met 5% ge­styg, maar die kos­te van wa­ter en an­der nuts­diens­te het met 8,9% ge­klim en e­lek­tri­si­teit- en an­der huis­hou­de­li­ke e­ner­gie­kos­te het met 7,4% ge­styg.

Me­die­se in­fla­sie is ook steeds ho­ër as die ge­mid­del­de ver­brui­kers­prys­in­fla­sie. Die kos­te van me­die­se pro­duk­te het vol­gens S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka in Ju­nie met 7,3% ge­styg ver­ge­le­ke met Ju­nie 2016, en me­die­se diens­te was 6,4% duur­der.

An­der sy­fers wat uit­staan in die ver­brui­kers­prys­in­deks is die kos­te van te­le­kom­mu­ni­ka­sie­toe­rus­ting, wat met 9,9% ge­daal het, en va­kan­sie­pak­ket­te (dit wil sê ge­or­ga­ni­seer­de toe­re of om­vat­ten­de va­kan­sie­pro­duk­te), wat 23,8% duur­der ge­word het.

Ju­lie se in­fla­sie­koers word op 23 Au­gus­tus be­kend ge­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.