‘S­wen­de­laars’ tei­ken glo Trans­net­pen­si­oen­trek­kers

Beeld - - Sake Nuus - Fran­cois Wil­li­ams

’n Groep ver­meen­de s­wen­de­laars wat geld van oud-spoor­weg­wer­kers vat om kwan­suis na­mens hul­le in­lig­ting oor ver­lo­re pen­si­oen­geld by Trans­net te be­kom, is tans in die Kla­wer­om­ge­wing in Na­ma­kwa­land be­dry­wig.

Die O­pie Spoor Ak­sie Groep (sic) gee selfs kwi­tan­sies uit vir men­se wat hul­le R150 be­taal om na­mens hul­le by Trans­net te hoor hoe­veel geld aan hul­le ver­skul­dig is.

Dit blyk die groep tei­ken af­ge­tre­de Trans­net-wer­kers in plat­te­land­se ge­meen­skap­pe.

Na­dat die­self­de groep in Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar in die Oudts­hoorn-om­ge­wing be­dry­wig was, het F­rik Bee­slaar, be­dryfs­be­stuur­der van Mo­men­tum Re­ti­re­ment Ad­mi­nis­tra­tors, aan die Oudts­hoorn Cou­rant be­ves­tig geen per­soon of groep het ’n man­daat om na­mens Trans­net se pen­si­oen­fond­se of die ad­mi­nis­tra­teur van die fond­se op te tree nie.

Mo­men­tum Re­ti­re­ment Ad­mi­nis­tra­tors le­wer ad­mi­nis­tra­sie­diens­te aan Trans­net se pen­si­oen­fond­se.

Bee­slaar het ge­sê daar is wel ’n groep voor­ma­li­ge Trans­net­wer­kers wat dalk ’n eis teen die pen­si­oen­fonds mag hê as hul­le tus­sen 22 Mei 1996 en 31 Ok­to­ber 1999 deur Trans­net uit diens ge­stel is en net ’n een­ma­li­ge skei­dings­be­drag ge­kry het. Dié men­se moet hul ei­se reg­streeks aan die pen­si­oen­fonds rig, het Bee­slaar toe ge­sê.

Die sel­foon­nom­mers op die kwi­tan­sie wat ’n oudspoor­weg­wer­ker van Kla­wer van die O­pie Spoor Ak­sie Groep ge­kry het, word nie be­ant­woord nie. Een van die sel­foon­nom­mers is dié van Gert Mos­tert, wat aan die stuur was van die groep se be­dry­wig­he­de in Oudts­hoorn ver­le­de jaar.

Vrae wat aan ’n e-pos­a­dres op die kwi­tan­sie ge­stuur is, is nie be­ant­woord nie.

Die a­dres op die kwi­tan­sie is Bloem­straat 14, Oudts­hoorn. Dit is ’n woon­huis met geen ken­nis­ge­wing aan die bui­te­kant dat dit die kan­to­re van die O­pie Spoor Ak­sie Groep is nie.

Da­wid Zars, wat in die Kla­wer-om­ge­wing woon en wie se

Geld­een­he­de

‘‘ Die a­dres op die kwi­tan­sie is Bloem­straat 14, Oudts­hoorn. Dit is ’n woon­huis.

pa by S­poor­net ge­werk het, sê die O­pie Spoor Ak­sie Groep sou Woens­dag en Don­der­dag na Kla­wer kom en was Maan­dag en Dins­dag in V­re­den­dal be­dry­wig.

’n An­der groep met die­self­de mo­dus o­pe­ran­di is vol­gens hom in Graaf­wa­ter be­dry­wig.

Zars sê die groep vra ’n be­drag van R150 as dit ’n en­kel­per­soon soos ’n we­du­wee is wat wil eis en R300 as dit kin­ders van ’n oudspoor­weg­wer­ker is wat wil eis.

Hy meen baie van die plat­te­land­se oudspoor­weg­wer­kers is des­pe­raat en “gryp na e­ni­ge strooi­halm”.

Naas Ros­souw van die Trans­net Pen­si­oe­na­ris­ak­sie­groep (TPAG) sê hul­le weet nie van die O­pie Spoor Ak­sie Groep nie en sa­mel in elk ge­val nie tans e­ni­ge geld in nie.

Die TPAG ver­teen­woor­dig pen­si­oen­trek­kers wat ’n groep­eis teen Trans­net en sy pen­si­oen­fond­se wil in­dien van meer as R80 mil­jard.

Dit is weens wat hul­le be­weer swak be­stuur by Trans­net is dat Trans­net-pen­si­oen­trek­kers se­dert die vroeë 2000’s net 2%-ver­ho­gings per jaar kry en dus ver­arm.

Die Oudts­hoorn Cou­rant het in Fe­bru­a­rie 2016 be­rig oor ’n o­pen­ba­re ver­ga­de­ring wat die O­pie Spoor Ak­sie Groep in Oudts­hoorn be­lê het wat glo deur Trans­net-af­ge­vaar­dig­des toe­ge­spreek sou word, maar die af­ge­vaar­dig­des het nooit op­ge­daag nie.

Lui­dens die be­rig het Bee­slaar ge­sê men­se moe­nie die diens­te ge­bruik van tus­sen­gan­gers wat teen ’n ta­rief op­tree nie.

Ros­souw sê die TPAG vra nie tans geld van pen­si­oen­trek­kers nie, want hul­le kry swaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.