EOH se aan­deel­prys daal nóg

Beeld - - Sake Nuus - Fran­cois Wil­li­ams

Mark­ont­le­ders wat ’n her­stel in die aan­deel­prys van die IT-maat­skap­py EOH ver­wag het, is gis­ter ver­keerd be­wys.

Die aan­deel­prys het ver­der ge­daal, maar die da­ling was nie so skerp soos Dins­dag nie. Toe het dit met by­na 12% ge­tui­mel in re­ak­sie op ’n be­rig in die sa­ke­blad Bu­si­ness Re­port.

EOH se di­rek­sie het Dins­dag selfs ’n ver­dui­de­li­ken­de ver­kla­ring op die JSE se Sens-nuus­diens uit­ge­stuur om be­leg­gers se ge­moe­de­re te pro­beer kal­meer.

EOH meen die Bu­si­ness Re­port­be­rig, wat ver­wys het na ’n vo­ri­ge be­rig deur die a­maB­hun­ga­ne­on­der­soek­span, her­haal net die “vals en on­ge­gron­de in­si­nu­a­sies” en “ver­skaf nie nu­we in­lig­ting nie”.

Die be­rig­te ver­wys na ’n ten­der­kon­trak wat EOH met die re­ge­ring se wel­syns­a­gent­skap Sas­sa het om IT-diens­te te le­wer, maar ook na ’n be­weer­de ver­bin­te­nis tus­sen EOH en Lun­ga N­cwa­na, ’n tus­sen­gan­ger wat glo goeie ban­de het met Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling.

EOH se di­rek­sie sê die maat­skap­py was nog nooit be­trok­ke by die kon­trak tus­sen Sas­sa en Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces oor die uit­be­ta­ling van wel­syn­toe­la­es nie en het ook nie e­ni­ge plan­ne om in die toe­koms by die uit­be­ta­ling van toe­la­es van Sas­sa be­trok­ke te raak nie.

EOH het be­klem­toon hy le­wer al agt jaar lank diens­te aan Sas­sa en die ten­ders wat hy ge­kry het van Sas­sa is op me­rie­te toe­ge­ken na­dat dit oop en deur­sig­ti­ge ten­der­pro­ses­se in­ge­vol­ge die Wet op die Be­stuur van O­pen­ba­re Fi­nan­sies ge­volg het.

EOH het ge­maan hy oor­weeg al­le op­sies vir reg­stel­len­de op­tre­de wat be­tref e­ni­ge ska­de wat die be­rig­ge­wing aan EOH en sy be­lang­heb­ben­des aan­ge­rig het.

Mark­ont­le­ders meen die be­we­rings hou nie steek nie en die aan­deel­prys be­hoort te her­stel, maar gis­ter was die aan­deel­prys 0,75% la­er op R114,93.

Hoe­wel EOH tans teen ’n voor­uit-prys­ver­dien­ste­veel­voud van 13,5 nie te duur lyk nie, sê FNB Securities hy her­sien wel sy ra­ming van die maat­skap­py.

EOH se aan­deel­prys het Dins­dag­og­gend met 11,8% tot R112 ge­val, maar ná sy Sens-ver­kla­ring het ver­han­de­ling her­stel tot so­wat R115,80.

Dit was steeds 8,8% la­er as Maan­dag se slui­tings­prys van R126,99.

Die aan­deel­prys het die af­ge­lo­pe 12 maan­de ’n ne­ga­tie­we op­brengs van -15,7% ge­le­wer en in die ka­len­der­jaar tot dus­ver is die ne­ga­tie­we op­brengs -29%.

EOH se stig­ter, As­he Bo­hbot, het in Mei aan­ge­kon­dig hy tree ein­de Ju­nie uit ná 19 jaar aan die stuur.

Die aan­deel­prys is al se­dert Ok­to­ber 2016 in ’n daal­ten­dens ná ’n jaar­hoog­te­punt van by­na R175 per aan­deel.

‘‘ EOH lyk nie te duur nie, maar ons her­sien ons ra­ming. — FNB SECURITIES

Fo­to: VER­SKAF

Die di­rek­sie van die IT­maat­skap­py EOH het ten sterk­ste ont­ken dat hy be­trok­ke is by die kon­trak vir die uit­be­ta­ling van wel­syn­toe­la­es met Sas­sa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.