Leeus en WP deel lou­e­re

CRAVENWEEK Vry­staat, Pu­mas druk 14 keer in drie­ë­fees

Beeld - - Sport - En 15:30: 12:05: 13:45:

Ge­or­ge Ger­mis­huys Wim P­re­to­ri­us

In ’n krag­me­ting wat voor­af baie be­loof, maar vir min hoog­te­pun­te ge­sorg het, het die Goue Leeus en die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie in gis­ter se hoof­wed­stryd in die Cravenweek-toer­nooi vir o.18’s in Jo­han­nes­burg met 13-13 ge­lyk­op ge­speel.

Aan die WP se kant kan in­di­vi­du­a­lis­tie­se spel en sy swak spel in die vas­te fa­set­te bla­meer word vir dié uit­slag, ter­wyl die Leeus se swak han­te­ring hul­le waar­skyn­lik ’n oor­win­ning ge­kos het.

Die WP was in die eer­ste en twee­de helf­te vin­nig uit die blok­ke, met die vleu­els An­ge­lo Da­vids en T­haak­ir A­bra­hams wat met hul vaart be­ïn­druk het on­der­weg na drieë.

Die WP was, af­ge­sien van hul ge­suk­kel in die vas­te skrums, groot­liks rig­ting­loos op die aan­val. Da­vid Ca­ry, vleu­el van die Leeus, het sy span se eer­ste drie in die twee­de helf­te gaan druk. Sy vleu­el­maat, Ti­no S­wa­ne­poel, het ook gaan druk.

Ken­ne­dy M­pe­ku, in­druk­wek­ken­de heel­ag­ter vir die Jo­han­nes­bur­gers, het al­bei doel­skop­pe ver­brou, maar het in die pyl­vak ’n straf­doel oor­ge­klits om sy span die voor­tou met 1310 te gee. Die WP se los­ska­kel, Qu­an Ey­mann, het in die dood­snik­ke sa­ke ge­lyk laat trek toe hy met ’n mak­li­ke straf­skop ge­slaag het.

Vroe­ër in ’n wed­stryd toe ef­fek­tie­we ver­de­di­ging geen­sins ’n fak­tor was nie en die bal met tye soos ’n warm pa­tat rond­ge­slin­ger is, het die Vry­staat die Pu­mas met 63-41 ge­klop.

Die Vry­sta­ters het reeds vroeg in die krag­me­ting geen ge­heim van hul doel­wit ge­maak nie en vin­nig drie drieë gaan druk.

Die Pu­mas het nie op hul­le laat wag nie en kon deu­ren­tyd bro­de bak van die krum­mels waar­van hul­le moes le­we. Met be­perk­te bal­be­sit kon die Pu­mas ook dank­sy in­druk­wek­ken­de vaart op die pun­te die doel­lyn met re­ël­maat oor­steek. Hul­le het twee drieë ge­druk in die tyd wat die vleu­el Jan­co van Hey­nin­gen met ’n geel­kaart weens ’n hoog­vat van die veld af was.

Die C­hee­tahs was met rus­tyd net met 21-20 voor en het in die twee­de skof na ’n ho­ër rat oor­ge­ska­kel. ’n Mens het ver­wag die dam­wal sou een of an­der tyd vir die C­hee­tahs breek, maar die seuns van M­pu­ma­lan­ga wou nie bes gee nie.

Die Bo­land het ook sy swak ver­to­ning teen die Vry­staat op die eer­ste dag van die toer­nooi op­sy­ge­skuif en aan­sien­lik be­ter ge­lyk in sy se­ge met 32-21 oor G­rie­kwas Plat­te­land. Die span se reg­ter­vleu­el Ru­ne Lu­cas het be­ïn­druk met sy twee drieë, ter­wyl die los­ska­kel S­haun-Chris­ti­an Bax­ter ook sa­ke goed in die ag­ter­lyn be­heer het.

Die vraag of G­rens Plat­te­land die toer­nooi be­trok­ke moet wees, is geen gun­sies be­wys nie toe hy met 5-80 deur die G­rif­fons ver­mor­sel is.

Die Lim­po­po Blou Bul­le het vroe­ër ’n pronk­ver­to­ning ge­le­ver­al wer en die span van die G­rens, ge­laai met spe­lers van die sterk Sel­bor­ne Col­le­ge, met 59-41 ore aan­ge­sit. Die wed­stryd het vir ’n drie­ë­fees ge­sorg met Sip­ha­mand­la Mats (G­rens) en Ka­mo­by ge­lo Mat­loa (Lim­po­po Blou Bul­le) wat al­bei ’n drie­kuns aan drieë be­haal het.

■ OP Plat­te­land t. Zim­bab­we; G­rie­kwas t. Val­ke; Blou Bul­le t Oos­te­li­ke Pro­vin­sie; Na­mi­bië t. Lui­perds; Haaie t. SWD.

Van­dag se pro­gram: 09:00: 10:35:

Fo­to: ACTIONPIX | FRANS LOM­BARD

Da­vid Ca­ry, vleu­el van die Leeus, duik sier­lik oor die doel­lyn in gis­ter se Cravenweek­wed­stryd teen die WP in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.