Wal­la­by­brei­er gee Qu­a­de die trek­pas

Beeld - - Sport - Voor­spe­lers: – Reu­ters

Qu­a­de Cooper moet eers weer ge­not put uit rug­by voor­dat hy vir Aus­tra­lië oor­weeg kan word, sê die Wal­la­by-af­rig­ter, Mi­cha­el C­hei­ka.

Hy het ver­ras deur dié er­va­re los­ska­kel uit sy voor­lo­pi­ge oe­fen­groep van 38 spe­lers vir die Rug­by­kam­pi­oen­skap weg te laat.

Die 29-ja­ri­ge Cooper – ’n ve­te­raan van 70 toet­se – het nie die groep ge­haal nie, selfs al is spe­lers van die Brum­bies, wat mô­re in die kwart­eind­ron­de van die Su­per­reeks teen die Hur­ri­ca­nes speel, nie nou oor­weeg nie.

“Hy moet weer sy rug­by be­gin ge­niet en reg­tig mee­ding vir daar­die nr. 10-trui. Hy moet daar­die be­geer­te te­rug­kry,” het C­hei­ka aan die me­dia ge­sê.

“Ek dink nie dit is tans die ge­val met Qu­a­de nie en ge­ge­we dat ons ’n paar op­sies het, is dit nou die bes­te roe­te.

“Dit is soms no­dig om dit dui­de­lik te stel waar­om ’n s­pe­ler nie in die groep is nie en dit is wat ek ge­doen het.”

Kurt­ley Be­a­le se te­rug­keer uit En­ge­land en ’n paar jong spe­lers wat op die voor­grond tree, kan as plaas­ver­van­gers vir Ber­nard Fo­ley op los­ska­kel oor­weeg word.

’n Dyspier­be­se­ring het Be­a­le se sei­soen by die Was­ps in die En­gel­se P­re­mier­liga kort­ge­knip, maar hy sal oor­weeg kan word vir die toets teen Nieu-See­land op 19 Au­gus­tus in Syd­ney.

Daar is 11 spe­lers in die groep wat nog nie toets­rug­by ge­speel het nie.

Die slot­te Rob Sim­mons en Ka­ne Doug­las, wat nie in die groep was vir die Ju­nie-toet­se nie, is weer ont­bied.

Die er­va­re stut­te Pek Co­wan en Te­te­ra Faul­k­ner is al­bei ná ’n af­we­sig­heid van drie sei­soe­ne be­loon vir hul­le peil in Su­per­rug­by.

S­cott Hig­gin­bo­tham het ook nie die groep ge­haal nie, ter­wyl Rob Hor­ne, Will S­kel­ton en S­cott Far­dy vry­ge­stel is om by hul nu­we oor­se­se span­ne aan te sluit.

Die Wal­la­by­groep is: Ag­ter­spe­lers:

Kurt­ley Be­a­le, Is­rael Fo­lau, Ber­nard Fo­ley, Will Ge­nia, Da­ne Hay­let­tPet­ty, Ree­ce Hod­ge, Kar­mi­cha­el Hunt, Sa­mu Ke­re­vi, Ma­ri­ka Koroi­be­te, Camp­bell Mag­nay, Bil­ly Me­a­kes, Eto Na­bu­li, Se­fa Nai­va­lu, I­zaia Pe­re­se, Nick P­hipps, Cur­tis Ro­na.

Jer­mai­ne Ains­ley, A­dam Co­le­man, Pek Co­wan, Jack Demp­sey, Ka­ne Doug­las, Sef Fa’a­ga­se, Te­te­ra Faul­k­ner, Ned Ha­ni­gan, Ri­chard Hard­wick, Mi­cha­el Hooper, Se­ko­pe Ke­pu, A­dam Kor­czyk, To­lu La­tu, Se­an M­cMahon, S­te­phen Moo­re (k), Ta­ta­fu Po­lo­ta­Nau, Tom Ro­bert­son, I­zack Rod­da, Rob Sim­mons, Lo­pe­ti Ti­ma­ni, Ta­nie­la Tu­pou, Jor­dan Ue­le­se. Maan­dag 17 Ju­lie is be­rig die Cravenweek­s­pe­ler Vin­cent Roos is van die Ho­ër­skool Ben Vorster. Roos is van die Ho­ër­skool Ben Vil­joen.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ge­pos. Die er­va­re Wal­la­by­los­ska­kel Qu­a­de Cooper het nie Aus­tra­lië se groep vir die Rug­by­kam­pi­oen­skap ge­haal nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.