C­hiefs se kap­tein sien uit na twee­stryd én klets met Ko­li­si

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Vier jaar ge­le­de het hy en Siya Ko­li­si, die S­tor­mers-kap­tein, toet­struie uit­ge­ruil, en nou sien Sam Ca­ne, C­hiefs-kap­tein, daar­na uit om saam met sy Kaap­se vriend as lei­ers op die veld te draf.

Die S­tor­mers en C­hiefs pak me­kaar Sa­ter­dag in ’n Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd op Nu­we­land.

Dié span­ne het me­kaar ver­le­de jaar ook hier in die kwart­eind­ron­de die stryd aan­ge­sê. Die C­hiefs het die tuis­span toe met 60-21 oor­rom­pel.

Dit is hoogs on­waar­skyn­lik dat Rob­bie F­leck, die S­tor­mers­af­rig­ter, se span weer so le­lik in die hek gaan duik. En met ’n in­spi­re­ren­de lei­er soos Ko­li­si op die veld het die Ka­pe­naars be­slis van­jaar ’n goeie kans om vir die kwart­eind-treur­ma­re van die laas­te paar ja­re te ver­goed.

Ca­ne sê hy en sy C­hiefs-span­maats het nie heel­pad van Ha­mil­ton na die Kaap ge­kom om net boe­del oor te gee nie.

Die C­hiefs wil hul af­rig­ter, Da­ve Ren­nie, die vol­maak­te af­skeids­ge­skenk gee deur die ti­tel van­jaar te wen. Ren­nie gaan sy af­rig­ting­sloop­baan eers­daags in S­kot­land by Glas­gow War­ri­ors voort­sit.

Hy is nie die e­nig­ste in­vloed­ry­ke per­soon wat die C­hiefs ver­laat nie. Die los­ska­kel Aa­ron Cru­den en die skrum­ska­kel Ta­wera Kerr-Bar­low gaan hul loop­ba­ne ná die Su­per­reeks in Frank­ryk voort­sit. Daar word ook be­spie­gel dat die Lei­ces­ter Ti­gers klip­hard vry na die hand­te­ke­ning van die ta­lent­vol­le heel­ag­ter/los­ska­kel Da­mi­an M­cKen­zie.

“Ons wil se­ker maak ons groet hul­le op ge­pas­te wy­se deur die kom­pe­ti­sie te wen,” sê Ca­ne.

“Dit help nie ons dink nou al aan wan­neer hul­le ons ver­laat nie, daar­om moet ons die na­week al­les in die stryd werp om te ver­se­ker ons bly in die kom­pe­ti­sie.

“Wan­neer ons veld­tog ein­dig, kan ons eers daar­aan be­gin dink om met ’n bier in die hand vir hul­le tot siens te sê.”

Ca­ne sê hy sien ook daar­na uit om ná Sa­ter­dag se twee­stryd teen Ko­li­si weer ’n lek­ker ge­sel­sie met hom aan te knoop.

Se­dert dié twee los­voor­spe­lers vier jaar ge­le­de ná ’n toets (tus­sen die S­pring­bok­ke en All Blacks) truie uit­ge­ruil het, sê Ca­ne het hy nog al­tyd moei­te ge­doen om ná ’n wed­stryd met Ko­li­si te ge­sels.

Vol­gens die Ki­wi het Ko­li­si van­jaar sy spel na ’n ho­ër vlak ge­neem. “Ek is nie se­ker of hy ge­wig aan­ge­sit het nie, maar hy is ’n s­pe­ler wat re­spek af­dwing,” sê Ca­ne.

“Hy is die lei­er van sy span se voor­spe­lers en is die een Suid-A­fri­kaan­se los­voor­spe­ler wat soos ’n Ki­wi-los­voor­spe­ler kan speel.

“Hy het goeie voet­werk en be­skik oor uit­ste­ken­de vaar­dig­he­de. Hy kan jou ook fi­siek ta­kel,” sê Ca­ne.

Don­der­dag 20 Ju­lie 2017

Fo­to: GALLO IMAGES

Sam Ca­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.