Froome ver­der voor Uran

Beeld - - Sport - –cy­cling­week­ly.com, s­port­re­dak­sie

Dit is van­dag maak of breek vir die B­rit­se fiets­ry­er Chris Froome as hy Son­dag sy vier­de Tour de Fran­ce-ti­tel wil wen.

Dié ry­er het gis­ter der­de ge­ëin­dig in die 17de skof oor 183 km tus­sen La Mu­re en Ser­re-C­he­v­a­lier.

Hy het só sy geel­trui be­hou en sy al­ge­he­le voor­sprong na 27 se­kon­des ge­rek.

Ri­go­ber­to Uran van Co­lom­bia en die Frans­man Ro­main Bar­det is 27 se­kon­des ag­ter hom. Uran was met die be­gin van die 17de skof slegs 18 se­kon­des ag­ter Froome.

As Froome nie van­dag daar­in kan slaag om Uran ag­ter te laat nie, gaan hy Son­dag moei­lik wen.

Froome het ná gis­ter se skof ge­sê hy sal te­vre­de wees om voor Sa­ter­dag se tyd­toets in Mar­seil­le ’n voor­sprong van 27 se­kon­des te hê.

“Maar kom ons kyk, Don­der­dag is die laas­te straw­we skof wat op ’n berg­spits ein­dig. E­nig­een kan nog wen.”

P­ri­moz Ro­g­lic (Lot­to NL-Jum­bo) van Slo­we­nië het gis­ter sy eer­ste skof­se­ge be­haal.

Hy het in ’n so­lo­po­ging aan die ein­de meer as mi­nuut voor die groep waar­in Uran en Froome was, oor die wen­streep ge­ry.

Hy het die af­stand in 5 uur, 7 mi­nu­te en 41 se­kon­des af­ge­lê.

Die Suid-A­fri­ka­ner Lou­is Mein­tjes was ne­gen­de in die skof en is steeds al­ge­heel agt­ste – 6 mi­nu­te en 35 se­kon­des ag­ter Froome.

Die Duit­ser Mar­cel Kit­tel (Quick S­tep) wat van­jaar vyf s­kof­te ge­wen het en die groen­t­rui ge­dra het, het hom gis­ter ná ’n val­slag ont­trek. Hy het skou­er- en knie­be­se­rings op­ge­doen.

Mi­cha­el Mat­thews (Sun­web) is die nu­we dra­er van die groen­t­rui.

Van­dag se 18de skof is oor 179,5 km.

Fo­to: REU­TERS

Lou­is Mein­tjes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.