‘Ons is nou ’n wê­reld­krag’

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Hul­le moes vroe­ër aan­ge­pas het op die sta­di­ge kolf­blad en het aan die ein­de net te min lo­pies op die tel­bord ge­had.

So sê Dané van Nie­kerk, kap­tein van die Suid-A­fri­kaan­se vrou­e­krie­ket­span, wat Dins­dag in B­ris­tol na­el­skraap teen En­ge­land in die Wê­reld­be­ker-half­eind­ron­de vas­ge­val het. Om aan die ein­de so na­by aan ’n op­skud­ding teen die drie­ma­li­ge kam­pi­oen te kom, maar dit toe nie kon reg­kry nie, was hart­ver­skeu­rend vir die span wat vriend en vy­and ver­ras het.

Suid-A­fri­ka is tot 218/6 be­perk. In dié span­ne se vo­ri­ge ont­moe­ting, op die­self­de veld, is ’n wê­reld­re­kord van 678 lo­pies op­ge­sta­pel. En­ge­land (221/8) het die wen­tei­ken met twee bal­le oor be­reik.

“Ek dink nie ons het goed ge­noeg én vroeg ge­noeg aan­ge­pas nie. Ek het om eer­lik te wees nie ge­dink die kolf­blad gaan so sta­dig wees nie,” sê Van Nie­kerk.

“Ons het 30 lo­pies te min aan­ge­te­ken. Die ma­nier hoe ons die to­taal toe pro­beer ver­de­dig het – ek kon nie vir meer ge­vra het nie.

“Ons was teen die plan­ke, maar het groot ka­rak­ter ge­toon. Die re­a­li­teit was dat ons aan die ein­de van die dag net te min lo­pies op die tel­bord ge­had het. “Om so na­by te kon kom, maak dit net nog seer­der.

“As jy nou na ons kleed­ka­mer toe gaan, sal jy waar­skyn­lik ook be­gin huil.”

Sy is soos al­mal te­leur­ge­steld, maar ter­self­der­tyd baie trots. “Baie men­se het ge­dink ons sal nie die half­eind­ron­de haal nie. Dít al­leen maak my reeds trots op die spe­lers. Van die po­si­tie­we din­ge was Wol­fie (Lau­ra Wol­vaardt) se vyf­tig­tal (66) en hoe ons bou­lers te­rug­ge­veg het.”

Mig­non du P­reez sê as daar te­rug­ge­kyk word, kan baie ge­sê word oor wat ver­keerd ge­gaan het, maar om vin­gers te wys “gaan niks aan die uit­slag doen nie”. “Ons het ons­self en ons land trots ge­maak en die wê­reld ge­wys ons is ’n krag om mee re­ke­ning te hou.”

Lau­ra Wol­vaardt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.