Vrae ná Sa­ru vir Li­o­nel nooi

Oë ook op Pol­lard se me­die­se toet­se

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Op die­self­de dag as wat die los­ska­kel Li­o­nel Cron­jé Ja­pan toe ge­reis het, het die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie aan­ge­kon­dig dat hy ge­nooi is om aan­staan­de week by ’n me­die­se en kon­di­si­o­ne­rings­kamp van die S­pring­bok­ke in S­tel­len­bosch aan te meld.

Cron­jé, ’n uit­blin­ker vir die Sout­hern Kings in van­jaar se Su­per­reeks, speel voort­aan vir Toyo­ta Ver­blitz in Ja­pan en was vol­gens ’n woord­voer­der van die Sout­hern Kings gis­ter op ’n vlieg­tuig Ver­re Oos­te toe.

Sy toe­koms­plan­ne ná sy te­rug­keer van Ja­pan vroeg aan­staan­de jaar is nog on­be­kend. Sou hy eg­ter nie te­rug­keer om vir ’n SA span Su­per­rug­by te speel nie, sal hy in­ge­vol­ge Sa­ru se eie re­ëls nie vir die Bok­ke kan uit­draf nie.

Sa­ru het vroe­ër be­sluit dat spe­lers wat hul brood en bot­ter oor­see ver­dien slegs vir die Bok­ke mag speel as hul­le 30 of meer toet­se op hul kerf­stok het.

Soos sa­ke staan, lol die diep­te op los­ska­kel in Suid-A­fri­kaan­se rug­by, met Pa­trick Lam­bie se toe­koms wat weens sy har­sing­skud­ding nog on­se­ker is.

Al­le oë sal dus ge­rig wees op die me­die­se toet­se wat Han­dré Pol­lard aan­staan­de week on­der­gaan. Hy is die laas­te jaar of wat bloots ge­ry deur be­se­rings – die jong­ste te­rug­slag is ’n en­kel wat hy in A­pril in ’n oe­fen­ses­sie seer­ge­maak het.

Pol­lard kan hom nie van­jaar op ’n goeie wed­stryd vir die Bul­le roem nie, maar as die Bok­ke se me­die­se span hom ten vol­le fiks kan kry, is daar nie re­de tot kom­mer nie. Tot dan is dit ’n ge­val van duim­vas­hou dat El­ton Jan­tjies niks oor­kom nie.

Die Leeus se ge­ne­raal het hom goed van sy taak ge­kwyt in Ju­nie se reeks teen Frank­ryk. Soos die res van die Leeus is hy eg­ter van­weë sy Su­per­rug­by-ver­plig­tin­ge nie na die kamp ge­nooi nie.

Die­self­de geld vir spe­lers van die Haaie en die S­tor­mers, met die uit­son­de­ring van S­te­ven Kits­hoff, wat nie vir die uit­speel­ron­des van die Su­per­reeks be­skik­baar is nie.

Al 14 ge­nooi­des vir die kamp, van Maan­dag tot Don­der­dag strek, was ver­le­de maand in die Bok­ke of SA A-span­ne se groe­pe.

“Die doel­wit van die kamp is om die spe­lers se me­die­se toe­stand te be­paal en se­ker te maak dat al die aan­spraak­ma­kers vir plek­ke in die Bok-span goed ge­kon­di­si­o­neer en ge­reed is wan­neer ons saam­trek vir die eer­ste wed­stryd in die Rug­by­kam­pi­oen­skap op 8 Au­gus­tus,” sê Al­lis­ter Coet­zee, die Bok-af­rig­ter.

“Be­hal­we vir die spe­lers wat be­trok­ke is in die uit­speel­ron­des van die Su­per­reeks, sou al die spe­lers wat na die kamp ge­nooi is meer as ’n maand laas ge­speel het voor ons wed­stryd teen Ar­gen­ti­nië in Port E­li­za­beth.

“Ons moet dus aan­hou om met hul­le te werk.”

Coet­zee sê dat hy be­ïn­druk was deur die spel­peil van Suid-A­fri­kaan­se spe­lers in die laas­te paar ron­des van die Su­per­reeks.

Die Fran­se klub Tou­lon het gis­ter aan­ge­kon­dig dat die S­pring­bok-agt­ste­man Du­a­ne Ver­meu­len ’n lie­so­pe­ra­sie on­der­gaan het wat hom drie maan­de langs die kant­lyn sal hou. Ver­meu­len sal dus na al­le waar­skyn­lik­heid nie van­jaar vir die Bok­ke kan speel nie.

■ Die Bok­ge­nooi­des is: Han­dré Pol­lard, Lood de Ja­ger, Jan Ser­fon­tein, Ru­dy Pai­ge, Li­zo G­qo­bo­ka, Jes­se K­riel, T­re­vor Ny­a­ka­ne (al­mal Bul­le), U­zair Cas­siem, Ox N­ché, Ou­pa Mo­ho­jé, Ray­mond R­hu­le, Fran­cois Ven­ter (al­mal C­hee­tahs), Li­o­nel Cron­je (Sout­hern Kings) en S­te­ven Kits­hoff (S­tor­mers).

Li­o­nel Cron­jé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.