SA krie­ket het Aus­sie­af­rig­ter no­dig – Gibbs

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die tyd is ryp vir ’n oor­se­se af­rig­ter om die lei­sels van die Suid-A­fri­kaan­se krie­ket­span oor te neem, sê Herschel­le Gibbs, ’n voor­ma­li­ge aan­vangs­kol­wer van die na­si­o­na­le span.

Gibbs sal ook wil sien dat ’n Aus­tra­li­ër die nu­we brei­er in die plek van Rus­sell Do­min­go word, “want ek hou van hul be­na­de­ring tot die spel en dat hul­le nie non­sens duld nie.

“Ek sal graag ’n nu­we be­na­de­ring wil sien. Iets nuut en vars sal nie ska­de doen nie. Ek dink dit kan net deur ’n in­vloed van bui­te be­werk­stel­lig word,” het Gibbs gis­ter by Krie­ket SuidA­fri­ka (KSA) se A­ka­de­mie in P­re­to­ria ge­sê.

Vol­gens hom is daar van die se­ni­or spe­lers in die Suid-A­fri­wat kaan­se op­set wat ’n té groot sê het en dat se­ke­re spe­lers te “pel­lie-pel­lie” met die af­rig­ter is.

“Dit is som­mer snert. Die af­rig­ter moet in be­heer wees en juis daar­om glo ek ’n Aus­tra­lie­se af­rig­ter sal nie hier­die pel­lie­pel­lie-hou­ding duld nie.

“By die Dec­can C­har­gers in die In­die­se P­re­mier­liga (IPL) het ek met Dar­ren Leh­mann (Aus­tra­lië se af­rig­ter) ge­werk. Ek het ge­hou van hoe hy din­ge doen,” sê Gibbs.

Hy glo ook daar moet ge­hou word by die aan­vangs­paar van De­an El­gar en Hei­no Kuhn.

Kuhn het sy de­buut in die eer­ste toets teen En­ge­land ge­maak, maar het in die eer­ste twee toet­se nog nie die wê­reld aan die brand ge­speel nie. Gibbs meen “dit sal ver­keerd wees om hom nou een­kant toe te stoot. “Dit is die moei­lik­ste plek om te kolf in toets­krie­ket en jy is om­trent die heel­tyd soos ’n proef­ko­nyn. Ek sal hom die ver­se­ke­ring gee dat hy die res van die reeks in En­ge­land sal speel so­dat hy ge­moeds­rus kan hê,” sê Gibbs.

Vol­gens hom bring Faf du P­les­sis ’n kalm­te en sta­bi­li­teit wat brood­no­dig is vir die span.

“Quin­ton de Kock het goed ge­doen op nom­mer vier, maar ek dink steeds vyf of ses sal sy bes­te plek wees,” sê hy.

Hy dink ook nie dat AB de Vil­liers juis ge­mis word in die toets­op­set nie.

Die voor­ma­li­ge Pro­tea Jon­ty R­ho­des, wat ook die A­ka­de­mie­spe­lers gis­ter met hul veld­werk by­ge­staan het, sê wat die af­rig­ter be­tref moet daar se­ker ge­maak word dat “iets wat nie nou ge­breek is nie, reg­ge­maak wil word”.

Hy sê ook Du P­les­sis se kalm be­na­de­ring het ’n groot ver­skil ge­maak. “Dit is hoe­kom ek nooit ’n kap­tein sou kon wees nie, want ek was té hi­per­ak­tief en sou ná el­ke bal iets an­ders wou pro­beer,” sê hy.

Die der­de toets teen En­ge­land be­gin op 27 Ju­lie op die O­val.

Herschel­le Gibbs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.