Kings se teg­nie­se ghoe­roe by Bok­ke

Beeld - - Sport - – Mi­cha­el G­reen

Die Sout­hern Kings moet ’n nu­we teg­nie­se ont­le­der aan­stel, aan­ge­sien hul hui­di­ge ont­le­der, Lind­say Wey­er, voort­aan dié werk vol­tyds vir die S­pring­bok­ke sal doen.

Wey­er (29) het reeds van­jaar by die Bok­ke vir hul drie toet­se teen Frank­ryk in­ge­val.

“Dis aan die een kant hart­seer om nou Kaap­stad toe te trek ná die op­win­den­de jaar wat die Kings be­leef het, maar aan die an­der kant is dit ’n on­ge­loof­li­ke ge­leent­heid om saam met die Bok­ke te werk,” sê Wey­er.

As kind het hy ver­lief ge­raak op rug­by dank­sy sy pa, Way­ne, se hel­de­da­de op die veld.

“My pa het meer as 150 wed­stry­de vir G­rens ge­speel. Hy was los­ska­kel of heel­ag­ter,” ver­tel Wey­er jr.

Hy het ook los­ska­kel of heel­ag­ter ge­speel. Eers vir Sel­bor­ne Col­le­ge en la­ter vir die OP­Kings se o.19­ en o.21­span­ne.

“In ’n sta­di­um het ek be­sef dat ek dalk nie ’n vol­tyd­se s­pe­ler sou word nie, maar ek wou by rug­by be­trok­ke bly,” sê Wey­er.

Ná sy stu­dies in sport­be­stuur by die Nel­son Man­de­la­U­ni­ver­si­teit, het hy ty­dens sy in­tern­skap by die Kings as ka­me­ra­man be­gin werk.

Dit was in 2011 en hy het met die ver­loop van die ja­re meer oor die teg­nie­se ont­le­ding van rug­by by men­se soos Sout­hey S­teen­kamp, Alan So­lo­mons, O­mar Mou­neim­ne en De­on Da­vids – om maar en­ke­le na­me te noem – ge­leer.

“Rug­by is ’n skaak­spel. Ek moet voor­af help om ons teen­stan­ders te ont­leed en vir die af­rig­ters ’n rug­graat gee om mee te werk. Die skeids­reg­ter en as­sis­tent­skeids­reg­ters moet ook be­stu­deer word,” sê Wey­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.