Ver­an­de­ring is nooit mak­lik

Beeld - - Briewe - Ralph Ma­cK­rill, Bell­vil­le

Ek het ver­le­de week se ar­ti­kel oor die toe­koms van e­lek­trie­se voer­tuie, ver­al wat BMW, Vol­vo en Volks­wa­gen be­tref, baie in­te­res­sant ge­vind.

Se­dert Vol­vo in die 1950’s op die mark ver­skyn het, het ek nog al­tyd groot re­spek vir sy goeie in­ge­ni­eurs­werk ge­had.

Ons is tans by ’n draai­punt in die be­dryf, net soos wat al tel­ke­ma­le in die ver­le­de ook ge­beur het. Die be­sef dat stoom aan­dry­wings­krag het, het des­tyds on­der meer daar­toe ge­lei dat die Set­laars in 1820 na SuidA­fri­ka ge­kom het.

On­langs het ’n weel­de­ju­we­liers­groep se aan­deel­prys be­gin daal om­dat sy bat­te­ry­ge­dre­we hor­lo­sies be­ter as die ge­wo­ne, me­ga­nie­se hor­lo­sies be­gin ver­koop het. Trou­ens, die da­ling was só erg dat die groep nou ál sy hor­lo­sies met bat­te­ry­ge­dre­we een­he­de moes ver­vang.

Dink net wat die uit­wer­king gaan wees as die he­le wê­reld ge­dwing word om e­lek­trie­se mo­tors te ry. As in­ge­ni­eurs dit kon reg­kry om die klein bat­te­ry in ’n hor­lo­sie twee of drie jaar lank te laat werk, dan is dit nie so ver­ge­sog dat hul­le dit bin­ne­kort ook gaan reg­kry om ’n e­lek­trie­se mo­tor se bat­te­ry ge­noeg krag te laat hê vir die­self­de reik­af­stand as ’n pe­trol­mo­tor nie.

So­dra dít ge­beur, gaan die­ge­ne met pe­trol­mo­tors met iets sit wat hul­le nie kan ver­koop nie.

Ver­an­de­ring is nooit mak­lik nie en ho­pe­lik sal ons dit nog in hier­die leef­tyd kan er­vaar. Soos ook die e­lek­trie­se trems in ons ste­de, soos waar­van jy ge­reeld skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.