Pi­kan­te Kia reg in SA se kraal

Beeld - - Nuwe Model - Braam Peens Bring die stryk­ys­ter Pi­can­to 1.0 Start S­tof tot s­tof

Hoe ge­maak as jy gis­ter­aand jou maat­skap­pyBMW by die ver­keers­lig moes ver­ruil vir jou le­we ter­wyl jou Na­mi­bie­se ek­so­dus klaar be­plan is vir mô­re­og­gend?

Neem jou vrou se nu­we Kia Pi­can­to.

Deur die neus ef­fens te ver­kort, kon die Ko­re­a­ne sy stert ef­fens ver­leng, wat ’n gro­ter bin­ne­ruim en laai-a­rea tot ge­volg het, hoe­wel die af­me­tings pre­sies die­self­de as sy voor­gan­ger s’n bly.

Boon­op is sy ba­ga­sie­bak die i­de­a­le wa­kis – met ’n am­per-klas­lei­den­de 255 li­ter-laai­ver­moë (1010 li­ter met die ag­ter­sit­plek plat­ge­vou): gro­ter as dié van jou se­kre­ta­res­se se Hyun­dai i10 én jou buur­vrou se Volks­wa­gen Up s’n. On­der sy me­de­din­gers kan net Re­nault se Qu­a­si­mo­do, ’skuus – K­wid – se bog­gel ’n ad­di­si­o­ne­le 45 li­ter meer as die Kia s’n vat.

Maar in daai ge­val kies jy bui­ten­dien el­ke keer die luuks­heid van ’n Tran­slux-bus. Of om te ry­loop Ora­nia toe. Kaal­voet. Hoe ken jy die nu­we, der­de­ge­ne­ra­sie Pi­can­to uit teen­oor sy voor­gan­ger? Dis die mak­lik­ste as jy hom reg van voor be­skou. Die sier­roos­ter strek oor die vol­le breed­te tus­sen die hoof­lig­te, hoe­wel jy daar­na jou lees­bril moet na­der hark as jy e­ni­ge ver­de­re noe­mens­waar­di­ge ver­skil­le teen­oor die oue wil be­speur.

On­ge­luk­kig is daar niks nuuts aan die nu­we Pi­can­to se na­tuur­lik ge­as­pi­reer­de en­jins nie. Al­mal is oor­ge­dra van sy voor­gan­ger en ge­leen by Kia se Hyun­dai­ne­fies. Jy moet dus vre­de maak met die flou een­li­ter­en­jin (drie si­lin­ders) (49 kW, 96 Nm) – self­moord as jy op die Ho­ë­veld bly; of die ef­fens krag­ti­ger 1.2-li­ter wie se al­le­min­ti­ge 61 kW en 122 Nm mis­kien Le­wis Ha­mil­ton se broek sal laat be­we. ’n Vyf­gang-hand­rat­kas is stan­daard, hoe­wel se­ke­re mo­del­le ook met ’n vier­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas aan­ge­vra kan word.

So lyk die toe­rus­ting

Die Pi­can­to is be­skik­baar in vier af­wer­kings­vlak­ke – Start, S­treet, S­ty­le en S­mart. Hoe­wel die Start se s­tan­daard­toe­rus­ting (lug­ver­sor­ging, krag­stuur, MP3-aan­pas­ba­re ra­dio, maar geen Blu­e­toot­hkop­pe­ling) be­vre­di­gend is teen die R135 000 wat jy vir hom be­taal, kan jy nie die­self­de van sy be­perk­te vei­lig­heids­ken­mer­ke (geen ABS-rem­me en net een lug­sak, ter­wyl al die an­der mo­del­le wel ABS en twee lug­sak­ke het) sê nie.

Hoe­kom? In ag ge­no­me dat hier­die mark­seg­ment ver­al eer­ste­ge­ne­ra­sie­be­stuur­ders (as Out­su­ran­ce se melk­koeie en ka­pers van die Pa­don­ge­luk­fonds) met ont­wik­ke­len­de vaar­dig­he­de tei­ken, sou jy re­ken ABS be­hoort die be­lang­rik­ste ken­merk te wees, maar hul­le ont­breek.

Die S­treet kry on­der meer e­lek­trie­se ven­sters, knop­pies op die stuur­wiel om die ra­dio te be­heer en ’n sen­tra­le sluit­stel­sel by­ko­mend.

S­ty­le-mo­del­le se op­gra­de­rings be­hels hoof­saak­lik ’n streep lig­te wat reg­deur die dag skyn (maar nie die LED-soort nie) en ’n ag­ter­ruit­ve­ër.

As die top­mo­del kry die S­mart wel LED-lam­pies on­der die hoof­lig­te as­ook LED-rem­lig­te, ’n hoof­saak­lik leer­bin­ne­ruim, Blu­e­tooth, ver­hit­te en e­lek­tries vou­ba­re Pret met die Pi­can­to’s En­jin

998 cc, drie si­lin­ders

49 kW

96 Nm Vyf­gang (hand.) 5,0 li­ter R134 995 kant­spie­ëls, ’n tru­k­a­me­ra en ’n groot raak­skerm vir jou nuts­funk­sies.

Die stad is sy tuis­veld

Waar ver­al die bin­ne­rui­me van goed­ko­per Ko­re­aan­se mo­tors van wel­eer om­trent so e­le­gant was soos C­hi­ne­se weg­neem­kos, is die nu­we Pi­can­to s’n ver­ge­lyk­baar met die kla­s­kap­tein-Volks­wa­gen Up s’n.

Die plas­tiek se ge­hal­te her­in­ner wel aan iets wat jy eer­der in Mr P­ri­ce Ho­me as in @ho­me sal sien, maar dis ken­mer­kend van sen­tom­draai-stads­mo­tor­tjies, en al­les mooi aan­me­kaar­ge­sit met ’n mi­ni­ma­lis­tie­se e­le­gan­sie son­der om jou te laat voel dat jy een van Suid-A­fri­ka se 17 mil­joen Sas­sa­be­guns­tig­des is.

Ge­ge­we die Pi­can­to se be­perk­te at­le­tie­se ver­moë, sal hy al­tyd die stad as sy tuis­veld ver­kies. Kia sê hy’s die stil­ste mo­tor in sy klas, en op pad Wind­hoek toe sal jy dit waar­deer.

Hy voel soos ’n klein mo­tor­tjie, maar ’n or­dent­li­ke een, want die ry-er­va­ring is lig­ja­re be­ter as dié van die C­hi­ne­se en In­die­se voer­tuie op ons paaie.

Wat kwel? Wegla­tings – wat al­mal be­skik­baar is in Eu­ro­pa – soos ’n vas­hou­funk­sie as jy teen ’n bult moet weg­trek (nood­saak­lik vir groen­tjies), sat­nav en ’n tur­bo-en­jin – laas­ge­noem­de nie om deur die snel­heids­grens te breek nie, maar wel om doel­tref­fend­heid en ’n be­ter ry-er­va­ring te le­wer.

Daar­teen­oor is die Up (van­af R176 000) nét met tur­bo-aan­ja­ging te koop. Dis dui­de­lik dat wat en­jin­teg­no­lo­gie be­tref, sit die Duit­sers dees­dae die Ko­re­a­ne (en Ja­pan­ners) ore aan – ge­blind­doek. ’n Mens kan dus aan die Pi­can­to as ’n Eer­ste­wê­reld-mo­tor dink wat af­ge­gra­deer is vir die Der­de Wê­reld. Eers ons kre­diet­gra­de­ring en nou die Pi­can­to: K­wa­lik is daar ’n mo­tor wat meer ge­pas is vir die ei­e­tyd­se Suid-A­fri­ka.

Kia se klein Pi­can­to is nou in sy der­de ge­ne­ra­sie hier te kry. Die knaap het nou ’n raps meer bin­ne­ruim­te ge­kry en lyk ook ’n aks def­ti­ger.

Die Pi­can­to het nou ’n net­jie­se raak­skerm ry­ker ge­word waar­mee jy deur al die nuts­funk­sies kan na­vi­geer. Die plas­tiek voel on­ge­luk­kig nog nie op stan­daard nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.