Op­skud vir Land Crui­ser­fees

Beeld - - Nuus - Mo­tor­re­dak­sie

Met nog net ’n maand oor voor­dat die vol­gen­de Land Cruiser­fees in die Bos­veld aan­ge­bied word, sal gees­drif­ti­ges wat nog bly­plek vir die na­week by die M­bi­zi Ga­me Lod­ge wil be­spreek, gou moet spring, sê die or­ga­ni­seer­ders.

Die Land Crui­ser-fees het se­dert sy ont­staan in 2013 in so ’n ma­te ge­groei dat dit van­dag om­trent uit sy na­te bars. Dit is oor­spronk­lik deur ’n Gau­teng­se 4x4-han­de­laar, N1 4x4, ge­or­ga­ni­seer en by Mook­g­op­hong as deel van die dorp se Wind­pomp-fees aan­ge­bied.

Maar om­dat dit so ge­wild on­der deel­ne­mers was, is ’n nu­we kamp­ter­rein ge­soek waar be­soe­kers vir die Land Crui­ser-fees al­leen­lik kon op­daag. Dit is toe van Mook­g­op­hong na die Tar­l­ton-ren­baan net bui­te Krugersdorp ver­skuif.

Hier is drie jaar op­een­vol­gens re­kords op­ge­stel vir die mees­te Land Crui­sers by­me­kaar (427 voer­tuie) en die mees­te Land Crui­sers wat in ’n kon­vooi ge­ry het (359).

Se­dert­dien het N1 4x4 die re­ë­lings aan ’n toe­ge­wy­de ge­beur­te­nis­aan­bie­der, T­rio E­vents, oor­han­dig om sa­ke in vyf­de rat te haak.

T­rio E­vents het nou be­sluit om die Land Crui­ser-fees van 18 tot 20 Au­gus­tus by die M­bi­zi Ga­me Lod­ge te hou, waar kam­peer­ge­rie­we en ge­noeg kui­er­plek vir dag­be­soe­kers en deel­ne­mers be­skik­baar is.

M­bi­zi is reeds aan 4x4- en bui­te­le­we gees­drif­ti­ges be­kend, aan­ge­sien dit ook is waar die kykNET-Bui­te-eks­po jaar­liks aan­ge­bied word. Die lod­ge is net 8 km bui­te Be­la-Be­la.

Vol­gens die or­ga­ni­seer­ders kan jy as ’n dag­be­soe­ker kom, vir die na­week kom kamp of in ’n cha­let by M­bi­zi of gas­te­huis in die dorp bly.

Die oord bied krag en wa­ter en daar is ook warm­wa­ter­stor­te.

Die klem van die fees is op ge­sins­ver­maak. Daar is on­der meer kos­stal­le­tjies, ’n kroeg, uit­stal­lings, veld­wed­ren­ne en he­li­kop­ter­vlug­te. Daar is ook kin­der­ver­maak en gas­kuns­te­naars wat op ’n ver­hoog op­tree.

Nog ak­ti­wi­tei­te waar­na jy kan uit­sien, sluit in ’n 4x4-gim­ka­na, ’n 4x4-berg­roe­te en stal­le­tjies wat bui­te­le­we­pro­duk­te uit­stal.

Een van die hoog­te­pun­te is die ver­snel­ren­ne op ’n gron­daan­loop­baan vir die ei­e­naars in hul ’Crui­sers.

Die­ge­ne wat in die oord in tent­hui­se, berghui­se of cha­lets wil bly of wil kam­peer, kan m­bi­zi.co.za vir meer in­lig­ting be­soek. As jy op die fees­ter­rein wil bly en jou ’Crui­ser wil re­gis­treer, kan jy T­rio E­vents by eks­po.co.za kon­tak of ’n e-pos na ac­counts@eks­po.co.za stuur.

Dié man­ne het geen pro­ble­me met ver­blyf nie, hul­le slaap som­mer op hul Land Crui­sers se dak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.