Baai skud ve­re reg vir ge­wil­de VW­tyd­ren

Beeld - - Nuus - Mo­tor­re­dak­sie

Dit is moei­lik om ’n guns­te­ling vir die na­week se Volks­wa­gen-tyd­ren, wat mô­re en Sa­ter­dag in die om­ge­wing van Port E­li­za­beth af­ge­han­del word, te voorspel.

Maar al is dit die vier­de ron­de in van­jaar se na­si­o­na­le tyd­ren­reeks, is die kan­se skraal dat dit ’n VW-ja­er gaan wees.

Die tyd­ren, ’n hoog­te­punt op die ka­len­der, sal mô­re weer by die Au­toPa­vil­li­on­mu­seum by VW se aan­leg in Ui­ten­ha­ge be­gin.

Die tyd­ren het tal­le in­skry­wings van reg­oor Suid-A­fri­ka en sy buur­lan­de ge­lok om die win­ter­koue te help ver­dryf. Die ren­veld word ge­lei deur die R2-mo­tors, ge­volg deur die deel­ne­mers in die nu­we klas vir klas­sie­ke tyd­ren­mo­tors wat by­ge­voeg is om die 2017-sei­soen op te kik­ker, en die plaas­li­ke klub­deel­ne­mers heel ag­ter.

Die me­de­din­ging in Klas R2 vir by­kans stan­daard- voor­wiel­ge­dre­we 1.6-li­ter-tyd­ren­mo­tors laat min keu­se vir ’n ab­so­lu­te guns­te­ling oor, maar Guy Bot­te­rill en Si­mon Va­cy Ly­le in hul Toyo­ta E­ti­os, wat die hui­di­ge pun­te­voor­lo­pers is, sal nie op hul lou­e­re rus nie.

Een van hul groot­ste be­drei­gings is Ri­chard Lee­ke en Hen­ry K­öhne in hul Ford Fies­ta wat nog nie van­jaar op die boon­ste trap van die po­di­um ge­staan het nie. Maar hul­le is ge­lyk met Chris Coert­se en G­reg Go­drich wat ’n droom­bui­ging in hul heel eer­ste by­een­koms in Se­cun­da in hul Ma­z­da2 ge­maak en hul klas ge­wen het.

Die klas vir klas­sie­ke tyd­ren­mo­tors – dit is tyd­ren­mo­tors uit die era voor 1985 – sal fyn­proe­wers heel op­ge­won­de hê. Daar is ’n Ford Escort van die ge­we­se Ke­ni­aan­se tyd­ren­kam­pi­oen Lee Ro­se met die plaas­li­ke na­vi­ga­tors­kam­pi­oen El­vé­ne Coet­zee in die na­vi­ga­tor­sit­plek. Hul­le vorm ’n in­druk­wek­ken­de span en het die on­lang­se Se­cun­da-tyd­ren voor die neu­se van die R2-b­ri­ga­de ge­wen, en is los­han­de die guns­te­lin­ge vir die Oos-Kaap­se ren.

Die or­ga­ni­seer­ders het die roe­te vir van­jaar nog meer toe­skou­er­vrien­de­lik ge­maak. Vry­dag se snel­tra­jek­te sluit net een grond­snel­tra­jek in wat laat­mid­dag ’n twee­de keer in­ge­span sal word om voor­sie­ning te maak vir tyd­ren­aan­han­gers wat nog eers by die werk ’n bie­tjie skou­er aan die wiel moet sit.

Sa­ter­dag se ak­sie be­gin met die hoog­te­punt van die by­een­koms, die be­ken­de Long­mo­re-plan­ta­sie-snel­tra­jek bin­ne 20 mi­nu­te se ry van PE af.

Toe­skou­ers sal aan ’n ge­luk­strek­king by die Au­toPa­vil­li­on kan deel­neem waar twee men­se Sa­ter­dag ’n rit as pas­sa­siers in die by­een­koms se laas­te snel­tra­jek kan wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.