Dra­ma met band knou Vet­tel

Beeld - - Formule Een - C­har­len Ray­mond char­len­ray@gmail.com Vet­tel se ge­stoei

Fer­ra­ri se Se­bas­ti­an Vet­tel het die na­week sy voor­sprong op die For­mu­le Een-pun­te­leer so by­na prys­ge­gee toe ’n saai ren op Sil­vers­to­ne in die B­rit­se Grand P­rix knap voor die ein­de skie­lik in ’n bon­del dra­ma ont­aard het.

Mer­ce­des se Le­wis Ha­mil­ton het die vyf­de keer op Sil­vers­to­ne ge­se­ë­vier om die ga­ping tus­sen hom en Vet­tel tot net een punt te laat krimp. Maar sa­ke kon an­ders daar uit­ge­sien het as die twee Fer­ra­ri’s van Vet­tel en Ki­mi R­äik­k­ö­nen nie in ’n dra­ma­tie­se ein­de tot die ren skie­lik elk met ’n pap band ge­suk­kel het nie.

Vet­tel was trou­ens goed op pad om ’n ste­wi­ge der­de plek in te oes toe die te­ë­spoed hom ge­tref en hy ein­de­lik met ’n ge­luk­ki­ge se­wen­de plek klaar­ge­maak het.

Maar kom ons be­gin by die be­gin. So­wel Vet­tel as R­äik­k­ö­nen het goed weg­ge­spring ag­ter Ha­mil­ton wat los voor voet in die hoek ge­sit het, maar die Duit­ser Vet­tel het kort hier­na ’n plek aan die Red Bull-ja­er Max Ver­stap­pen af­ge­staan.

En toe raak dit ’n di­lem­ma vir Vet­tel. Ter­wyl R­äik­k­ö­nen hard pro­beer het om by Ha­mil­ton aan die voor­punt te bly, het Vet­tel al hoe ver­der ag­ter die B­rit ge­raak aan­ge­sien hy ge­suk­kel het om by die sta­di­ger Ver­stap­pen ver­by te kom. Hy kon dit ein­de­lik toe ver­mag toe al­bei ja­ers ’n be­soek aan die kui­pe moes bring.

Toe het die in­haal­stryd be­gin. Al­bei Fer­ra­ri-ja­ers was goed op dreef om saam met Ha­mil­ton op die po­di­um te staan, maar toe tref dra­ma die Fer­ra­ri-span toe eers die Fin en toe die Duit­ser ’n pap band en­ke­le rond­tes voor die ein­de kry.

Met twee rond­tes oor het eers R­äik­k­ö­nen se lin­ker­voor­wiel ge­bars en moes hy kui­pe toe vir ’n nu­we stel. Oom­blik­ke la­ter het die on­ge­luk Vet­tel ge­tref toe die­self­de band op sy mo­tor ook bars.

Ge­luk­kig was die res van die Fer­ra­ri se Se­bas­ti­an Vet­tel het Son­dag knap voor die ein­de van die B­rit­se Grand P­rix op Sil­vers­to­ne groot te­ë­spoed op­ge­tel toe sy lin­ker­voor­wiel skie­lik aan flar­de ge­skeur het. Hy moes ’n po­di­um­po­si­sie prys­gee vir ’n se­wen­de plek. Le­wis Ha­mil­ton (Mer­ce­des) het ge­wen. ja­ers veel ver­der te­rug, want al­bei moes te­rug na die kui­pe vir ’n nu­we wiel.

R­äik­k­ö­nen kon nog die ren in die der­de plek ag­ter Ha­mil­ton en sy Mer­ce­des-span­maat, Valt­te­ri Bot­tas, vol­tooi. Maar Vet­tel moes met ’n veel sleg­ter se­wen­de plek te­vre­de wees.

Het Fer­ra­ri te veel van die ban­de ver­wag? Dalk. Maar hy is nie die e­nig­ste span wat die ren met ’n een-stop-stra­te­gie aan­ge­pak het nie – ba­sies al die span­ne het.

Hier lê die kruks: Die man­ne in rooi het die he­le na­week vir Mer­ce­des ge­jaag so­dat hul­le la­ter, in die op­stel van hul mo­tors, ag­gres­sief was om hul ag­ter­stand teen­oor Mer­ce­des te mi­ni­ma­li­seer.

On­ge­luk­kig het die ban­de toe die on­der­spit ge­delf. En dit toe juis in ’n sta­di­um waar die span niks aan sy ja­ers se sa­lig­heid kon doen nie.

PYL­VAK

Die B­rit het ’n paar frus­tre­ren­de ren­ne ag­ter die rug, maar het Son­dag, voor sy tuis­ska­re, die mo­men­tum in sy guns laat spoed op­tel.

Met die af­skop van die sei­soen in Aus­tra­lië het Fer­ra­ri dui­de­lik die oor­hand oor Mer­ce­des ge­had. Maar soos wat die sei­soen ver­loop het, het die pen­du­lum ge­lei­de­lik in Mer­ce­des se guns ge­swaai. En so­wel Ha­mil­ton as Bot­tas vind baat daar­by.

Daar is nog tien ren­ne om te gaan voor­dat die sei­soen ten ein­de loop, maar as Fer­ra­ri nie gou iets vind om Mer­ce­des te keer nie, sal dit vei­lig wees om dan al die jong B­rit as die nu­we kam­pi­oen te salf.

Kom ons kyk of die I­ta­li­a­ners iets ge­daan kan kry.

Ha­mil­ton is te­rug

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.