S­te­phen wys hoe in GTC­ren

Beeld - - Formule Een - Mo­tor­re­dak­sie

Die Ex­tre­me-ren­dag wat Sa­ter­dag op die Al­do S­cri­ban­te-ren­baan in Port E­li­za­beth aan­ge­bied is, het ’n stryd soos min in die ver­skil­len­de ren­for­mu­les en on­der­skeie klas­se op­ge­le­wer.

Die hoof­dis op die spys­kaart was die GTC-ren­ne, waar die plaas­li­ke ja­er Mi­cha­el S­te­phen die o­pe­nings­ren van die groen lig tot ge­rui­te vlag in sy Au­di oor­heers het, met sy span­maat Si­mon Moss die naas­wen­ner.

Hul­le het ’n ver­be­te stryd teen die reeks­voor­lo­per, Gen­na­ro Bo­n­a­fe­de, in sy BMW (wat ein­de­lik der­de was) ge­voer, ter­wyl Jo­han Fou­rie (BMW), Mi­cha­el van Rooyen (BMW) en nog ’n plaas­li­ke ja­er, Da­niel Ro­we (VW Jet­ta), die res van die top­ses af­ge­rond het.

Die twee­de ren het met ’n om­ge­keer­de weg­spring­roos­ter be­gin (die wen­ners van die eer­ste ren het ag­ter weg­ge­spring en die ag­ter­ja­ers heel voor) wat Ro­bert Wolk (BMW) voor die ren­veld laat ein­dig het.

Die dag se al­ge­he­le wen­ner was Moss, wat ren twee as naas­wen­ner voor Mat­hew Hod­ges (Jet­ta) be­klink het, met S­te­phen en Bo­n­a­fe­de ag­ter hul­le na­dat hul mo­tors ge­raak en al­bei van die baan af­ge­jaag het.

In die GTC2-klas het die plaas­li­ke bui­te­perd Bryn High die ren­veld ge­troef en die o­pe­nings­ren in sy de­buutren in sy C­hev­ro­let Cru­ze voor die pri­va­te ja­er T­re­vor B­land (Golf GTI) en C­harl S­mal­ber­ger (GTI) ge­wen het.

Die fa­briek­span­ne het in die twee­de ren met sy om­ge­keer­de roos­ter te­rug­ge­slaan toe Chris­to­pher S­hor­ter sy Mini voor die GTI-ja­er Ke­a­gan Mas­ters oor die wen­streep ge­stuur het, ge­volg deur S­mal­ber­ger, wie se dub­be­le der­de plek vir die dag hom as al­ge­he­le GTC2-wen­ner ge­kroon het.

As ’n mens sou dink die GTC-ren­ne was op­win­dend, was die En­gen Volks­wa­gen-be­ker-ren­ne iets om te aan­skou na­dat

■ ■ ■

17 van die 22 mo­tors op die weg­spring­roos­ter al­mal in die­self­de se­kon­de van me­kaar ge­kwa­li­fi­seer het, met die reeks­voor­lo­per De­vin Ro­bert­son die vin­nig­ste.

Die eer­ste ren het ba­sies in die­self­de volg­or­de ge­ëin­dig met Ro­bert­son voor Ju­an Ger­ber, maar Ro­bert­son is met 30 se­kon­des ge­straf na­dat hy te vroeg weg­ge­spring het en het tot 20ste te­rug­ge­sak – iets wat die ti­tel­stryd op sy kop ge­keer het. Die jong C­lin­ton Be­zui­den­hout het S­haun La Re­ser­vee om die der­de plek uit­ge­stof.

Die twee­de ren was selfs le­wen­di­ger toe Jonathan Mo­got­si ge­wys het waar­om hy voort­aan dop­ge­hou moet word en die ren as ont­wik­ke­lings­ja­er in die eer­ste plek kaf­ge­draf het. C­lin­ton Be­zui­den­hout het ren twee vroeg aan­ge­voer met Jus­tin Oa­tes en Mo­got­si ag­ter hom, maar die von­ke het ge­spat toe Gary van Heer­den se mo­tor o­lie in draai een ge­mors en ver­skeie ja­ers on­kant be­trap het.

Een van hul­le was Be­zui­den­hout, wat Mo­got­si voor De­vin Ro­bert­son en Oa­tes laat voort­jaag het om die ren te wen.

Ger­ber was die al­ge­he­le wen­ner vir die dag, ge­volg deur Mo­got­si, Dar­ren Oa­tes, Tas­min Pep­per, Jus­tin Oa­tes en Jef­frey Kru­ger.

Ju­li­an van der Watt van Kaap­stad het sy wen­ver­to­ning in die For­mu­le 1600reeks voort­ge­sit en al­bei ren­ne ge­wen.

Drie on­der­steu­nen­de ren­ne in die vorm van die Ka­wa­sa­ki ZX10 Mas­ters-mo­tor­fiet­se en twee ron­des van die plaas­li­ke se­dan­mo­toren mo­tor­fiets­reek­se was ook op die pro­gram. S­ven Gru­ne het die eer­ste ZX10-ren ge­wen ná ’n ver­be­te twee­ge­veg met Gra­e­me Van B­re­da, ter­wyl Pie­ter de Vos der­de was. In ren twee het Van B­re­da Gru­ne ge­klop om as al­ge­he­le wen­ner vir die dag ge­kroon te word. De Vos was weer der­de.

Die vol­gen­de ron­de van die Ex­tre­me­reeks is op 12 Au­gus­tus op Zwart­kops in Gau­teng.

■ ■ ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.