Ac­kers­af­skeid

Ru­dolf: ‘Leeus dink nie daar­aan’

Beeld - - Voorblad - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus gaan nié in die uit­speel­stry­de daar­op fo­kus dat el­ke rug­by­wed­stryd po­ten­si­eel die laas­te van Jo­han Ac­ker­mann, die hoof­af­rig­ter, kan wees nie.

“Ons plaas geen fo­kus op sy af­skeid nie.

“Ek sê al­tyd dit is ’n ge­val van tot­siens en nie vaar­wel nie en dat ons me­kaar weer ie­wers in die toe­koms gaan sien,” het Ru­dolf S­tra­eu­li, die uit­voe­ren­de hoof van die Leeus, gis­ter ge­sê oor die ein­de van Ac­ker­mann se loop­baan as af­rig­ter by die Leeus.

Die Leeus se hoof­af­rig­ter maak ná die Su­per­rug­by-reeks klaar as brei­er en gaan dan na En­ge­land waar hy Glou­ces­ter sal af­rig.

Die Leeus speel Sa­ter­dag op El­lis­park ’n kwart­eind­stryd teen die Haaie.

“Ons speel in elk ge­val el­ke wed­stryd in die uit­speel­ron­de vir al­mal wat ’n rol ge­speel het ons tot hier te bring, in­slui­ten­de al ons on­der­steu­ners, en nie net vir een per­soon nie,” sê S­tra­eu­li.

“Ons wil din­ge een­vou­dig hou en nie te veel an­der din­ge in die kop­pe laat rond­maal nie.

“Die fo­kus gaan bloot daar­op wees om te bly wen en die ge­hal­te rug­by te speel waar­toe ons in staat is.

“Ons kon­sen­treer op dit wat vir ons be­kend is en gaan nie nou aan din­ge tor­ring nie.

“Dit is goed om tuis­voor­deel te hê, maar ons moet steeds spel van ’n hoë ge­hal­te op­dis om te kan wen.

“Die voor­deel van die tuis­veld is dat dit din­ge net so­veel mak­li­ker maak uit ’n lo­gis­tie­ke oog­punt.

“Die spe­lers slaap in hul eie bed en volg die pa­troon wat vir hul­le be­kend is.”

Hy glo ook wat die wed­stryd teen die Haaie be­tref, gaan dit twee span­ne wees wat weet wat om van me­kaar te ver­wag.

“Die Haaie kan wel vir Fra­nom co Marais (ha­ker) en Be­ast M­ta­wa­ri­ra (stut) in­bring, maar ons weet hoe hul­le sal speel.

“Net so sal hul­le ook weet wat om van ons te ver­wag.

“Dit was nie ’n goeie wed­stryd vir ons ver­le­de na­week in Dur­ban nie.

“Ons sal be­slis op daar­die ver­to­ning moet ver­be­ter.

“Die Haaie het vroe­ër in die sei­soen hier op El­lis­park baie goed teen ons ge­speel en dit sal hul­le self­ver­troue gee.”het S­tra­eu­li ge­sê.”

Ru­dolf S­tra­eu­li

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.