In die wild­tuin

Net dus­kant lê ’n leeu

Beeld - - Voorblad - A­let Jou­bert

Toe hy weer sien, klim die be­stuur­der van ’n Kom­bi uit, loop om die voer­tuig en maak die deur oop vir twee pas­sa­siers wat oop en bloot by ’n bos­sie u­ri­neer.

Dit is net een van tal­le voor­beel­de van wan­ge­drag wat Jaco Prins­loo op ka­me­ra vas­ge­lê het toe hy en sy ge­sin die Kru­ger­wild­tuin Sa­ter­dag be­soek het.

“Dit was se­ker so 3 km uit On­der-Sa­bie in die rig­ting van Kro­ko­dil­brug dat ons eers ’n man bui­te sy Mer­ce­des-Benz A-klas sien staan het. Hy het teen die ri­vier­wal af­ge­stap, se­ker om die see­koeie wat daar was te be­sig­tig. Toe kom die Kom­bi daar aan en die be­stuur­der klim uit om vir die twee pas­sa­siers (met die groot nood) oop te maak.”

Prins­loo, ’n sa­ke­man van M­bom­be­la (Nel­spruit), be­soek die wild­tuin ge­reeld.

“Ek is lief vir die na­tuur en die wild­tuin het ’n kal­me­ren­de in­vloed op ’n mens.”

Sa­ter­dag se be­soek was eg­ter al­ler­mins kal­me­rend, want nog ’n pe­tal­je het so­wat 20 km ver­der voor die Prins­loo-ge­sin af­ge­speel.

“Ons het om­streeks 15:00 leeus te­ë­ge­kom en na­tuur­lik was dit ’n cha­os van men­se en mo­tors.”

Prins­loo se fo­to’s wys hoe van die be­soe­kers uit hul voer­tuie klim en op hul mo­tors se dak staan om die leeus te sien.

“Ons kon ’n groot kraag­man­ne­tjie hoor en ’n wy­fie sien. Na­by die pad het nog ’n leeu ge­lê toe ’n Eco S­port, waar­van die pas­sa­siers vroe­ër op die dak ge­staan het, voor ons in­druk.”

Vol­gens Prins­loo het die in­sit­ten­des al­ler­han­de ge­lui­de ge­maak om die leeu aan te hits.

“Toe daai leeu op­staan en reg­maak om te spring, draai hul­le die rui­te toe en maak vin­nig spo­re.”

Nog was dit het ein­de niet. Na­by Af­saal was twee hi­ë­nas in die pad.

“Die men­se het by hul kar­re uit­ge­hang met kin­der­tjies wat raas. Die wild­tuin is tog nie ’n sir­kus nie.”

Prins­loo het die fo­to’s van men­se wat hul­le nie aan San­par­ke se re­ëls steur nie twee keer op die wild­tuin se Facebook-blad ge­plaas, maar die in­skry­wing is el­ke keer ver­wy­der.

Op Kru­ger Na­ti­o­nal Park Ex­pe­rien­ces, nog ’n Fa­ce­book­blad, het dit eg­ter baie re­ak­sie ont­lok van an­der ont­sto­ke be­soe­kers wat net so keel­vol is vir men­se wat hul­le wil­der as die wild ge­dra.

“My o­pi­nie is dat daai men­se per­ma­nent ver­bied moet word, want hul­le skep ’n ge­vaar vir an­der men­se. As jy in die wild­tuin is, is jy op hul (die die­re se) ter­rein, dan pas jy jou by hul­le aan. Jy is daar vir ont­span­ning en om die dag te ge­niet, jy het nie sul­ke clo­wns no­dig nie.”

’n Na­vraag oor die voor­val­le is eer­gis­ter aan San­par­ke ge­stuur. Gis­ter het ’n woord­voer­der ge­sê dit is na die be­trok­ke be­stuur­ders aan­ge­stuur vir kom­men­taar.

■ ’n S­ta­king by San­par­ke deur le­de van die vak­bond Hosper­sa is voor­lo­pig op­ge­skort.

“San­par­ke se be­stuur het ’n ver­be­ter­de aan­bod voor­ge­lê wat ons nou aan ons le­de sal voor­hou,” het Ke­vin Ha­la­ma, ska­kel­be­amp­te van Hosper­sa, gis­ter­mid­dag ge­sê.

Dit was na­dat be­mid­de­ling deur die Kom­mis­sie vir Ver­soe­ning, Be­mid­de­ling en Ar­bi­tra­sie tus­sen Hosper­sa en San­par­ke eer­gis­ter en gis­ter­og­gend op ’n dooi­e­punt uit­ge­loop het.

Die be­son­der­he­de van die nu­we aan­bod is nog on­be­kend.

’n Woord­voer­der van San­par­ke het ge­sê hul­le het ge­beur­lik­heids­plan­ne, wat hulp van die po­li­sie en die weer­mag in­sluit, om die ont­wrig­ting van ’n s­ta­king te oor­kom.

Al­mal wil die leeus sien, par­ty klim selfs op die voer­tuig se dak.

Twee men­se wat uit ’n Kom­bi ge­klim het, mik na ’n bos­sie.

Die leeus was vlak by die pad.

Fo­to: A­LET JOU­BERT

Jaco Prins­loo meen die oor­tre­ders moet al­le wild­tui­ne ver­bied word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.