Gas in tent eis 2 seuns

Wer­kers hoor ‘snaak­se ge­lui­de’

Beeld - - Voorblad - Ma­rie­tie Louw­Car­stens en Car­ryn­Ann Nel

“Dit het ge­klink soos ie­mand wat suk­kel om a­sem te haal. Ek het die tent­flap­pe oop­ge­maak en die ver­skrik­li­ke hit­te het my ge­tref. Ek het ook gas ge­ruik.”

Een seun het dood op sy ma­tras in ’n klein twee­man­tent­jie ge­lê, vol­gens T­hys Louw, ei­e­naar van die Berg­sig Trout Farm.

Louw het die an­der seun uit die tent ge­trek, maar hy is bin­ne mi­nu­te dood.

Cor­nel Bek­ker (18) en Ray­mond O­li­vier (18), gr. 12-leer­lin­ge van die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in Kru­gers­dorp, het saam op die plaas gaan vis­vang.

Die boe­sem­vrien­de is eer­gis­ter dood na­dat hul­le ver­moe­de­lik deur gas oor­val is. Ná ’n koue nag langs die vis­wa­ters het hul­le met ’n gas­ver­war­mer gaan slaap.

’n Paar­tjie wat so­wat 30 m van die seuns af ge­kam­peer het, het nie on­raad ver­moed toe hul­le die seuns nie eer­gis­ter deur die dag ge­sien het nie.

Louw sê hy het die paar­tjie eer­gis­ter­mid­dag laat ge­vra: “Waar is die laai­ties?”

“Hul­le het ge­sê die seuns slaap al die he­le dag, want hul­le het deur die nag vis­ge­vang.”

Louw sê dit is nie vreemd dat kam­peer­ders hul tent­flap­pe in die dag toe­maak nie om­dat daar ape is wat kos uit die ten­te steel.

Pas na­dat Louw met die kam­peer­ders ge­praat het, het van sy wer­kers vir hom ge­sê hul­le hoor “snaak­se ge­lui­de” uit die tent­jie.

Dit is toe dat Louw gaan kyk en die twee boe­sem­vrien­de aan­ge­tref het.

Ray­mond het op sy maag op ’n dun ma­tras ge­lê. Hy was reeds dood.

Cor­nel het nog ge­leef en Louw het hom uit die tent ge­trek.

“Ons het die pa­ra­me­di­ci ont­bied en da­de­lik met nood­be­han­de­ling be­gin, maar dit was se­ker so drie mi­nu­te toe is hy dood.”

Louw sê hy is ui­ters ge­skok om­dat hy die twee seuns al ja­re lank ken.

“Daar het nie ’n skool­va­kan­sie ver­by­ge­gaan dat hul­le nie kom vis­vang het nie.”

Hy het Cor­nel se ma, Mi­net­te Jan­se van Rens­burg, ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge

van Kru­gers­dorp, laat weet.

Pie­ter Jan­se van Rens­burg, Cor­nel se stief­pa, sê sy stief­seun en Ray­mond was van la­er­skool­dae af baie goeie vrien­de en het al­les saam ge­doen.

Die twee seuns het Dins­dag­mid­dag op die vis­vang­uit­stap­pie na die Berg­sig Trout Farm, so­wat 12 km bui­te Kru­gers­dorp, ver­trek en sou van­dag na hul ou­er­hui­se te­rug­ge­keer het.

Vol­gens Jan­se van Rens­burg het die seuns Woens­dag­og­gend vroeg, toe hul­le klaar vis­ge­vang het, in hul tent gaan slaap.

Louw het blyk­baar aan­be­veel dat hul­le eer­der ’n e­lek­trie­se ver­war­mer ge­bruik.

“Hy sê hul­le het ge­sê hul­le het die gas­ver­war­mer al baie ge­bruik en nog nooit pro­ble­me ge­had nie.”

Con­stan­ce S­try­dom, be­mar­kings­be­stuur­der van die Ho­ër­skool Mo­nu­ment, sê Cor­nel en Ray­mond het “al­tyd al­les saam ge­doen. Hul­le het me­kaar reg­tig aan­ge­vul.”

Ter­ti­us O­li­vier (20), Ray­mond se ou­er broer, sê hul ou­ers, Fran­cis en Pie­ter, is baie ge­skok.

“My broer was ver­sot daar­op om vis te vang. Dit is wat hy die mees­te in die le­we ge­niet het.”

Ray­mond het nog nie fi­naal be­sluit wat hy ná ma­triek sou doen nie.

Cor­nel het be­plan om in ’n fi­nan­si­ë­le rig­ting aan die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg te stu­deer, sê sy stief­pa.

Die ge­sin­ne wag op die uit­slag van die lyk­skou­ings voor­dat hul­le be­graf­nis­re­ë­lings sal fi­na­li­seer.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Cor­nel Bek­ker en Ray­mond O­li­vier (al­bei 18).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.