Staat­skaping: LP’s ont­bied Gup­tas, Du­du­za­ne

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce

P­res. Ja­cob Zu­ma se seun Du­du­za­ne en die Gup­ta-fa­mi­lie is ont­bied om in Au­gus­tus oor on­der meer staat­skaping voor ’n par­le­men­tê­re ko­mi­tee te ge­tuig.

As dit ge­beur, sal dit die eer­ste keer wees dat die Gup­tas op ’n amp­te­li­ke plat­form ant­woor­de oor hul be­weer­de be­trok­ken­heid by staat­skaping moet ver­skaf.

Zu­kis­wa Rantho, voor­sit­ter van die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het be­ves­tig dat die ko­mi­tee brie­we aan Du­du­za­ne, die Gup­tas en an­der moont­li­ke ge­tui­es ge­skryf het om hul­le in te lig dat hul teen­woor­dig­heid in die par­le­men­tê­re on­der­soek na E­s­kom ver­lang word.

“Ons het hul­le daar­van in­ge­lig, maar nog nie ’n amp­te­li­ke uit­no­di­ging ge­stuur oor pre­sies wan­neer hul­le in die par­le­ment moet ver­skyn nie,” sê Rantho.

Die par­le­men­tê­re on­der­soek sou aan­vank­lik net B­ri­an Mo­le­fe, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom, se her­aan­stel­ling en pen­si­oen­uit­be­ta­ling van R30 mil­joen on­der­soek het, maar daar is ná die uit­lek van die #Gup­taLe­aks-e-pos­bood­skap­pe ver­soek dat die ko­mi­tee se on­der­soek uit­ge­brei word om E­s­kom se om­stre­de steen­kool­kon­trak­te met die Gup­ta­maat­skap­py Te­ge­ta in te sluit.

Die Gup­tas en Du­du­za­ne is on­der die 19 ge­tui­es wat tot dus­ver vir die on­der­soek ge­ï­den­ti­fi­seer is.

Van die an­der moont­li­ke ge­tui­es is Mo­le­fe, dr. Ben N­gu­ba­ne, wat on­langs

as voor­sit­ter van die E­s­kom-di­rek­sie be­dank het, en tal­le hui­di­ge en vo­ri­ge le­de van die E­s­kom-di­rek­sie en top­be­stuurs­le­de.

Rantho sê die por­te­feul­je­ko­mi­tee be­rei hom tans voor vir die on­der­soek.

“Die on­der­soek moet fo­kus op spe­si­fie­ke vrae, maar die fo­kus bly op Mo­le­fe se her­aan­stel­ling en staat­skaping by E­s­kom, soos die aan­vaar­ding van on­der an­de­re vrien­de se ten­ders of kon­trak­te wat son­der e­ni­ge ten­der­pro­ses­se toe­ge­staan is.

“Ons is ’n par­le­men­tê­re ko­mi­tee son­der on­der­soe­ken­de me­ga­nis­mes, maar wat ons wil be­reik, is dat ver­ant­woor­ding ge­doen moet word oor el­ke sent wat uit die staat­skof­fers aan die men­se be­taal is wat in die me­dia en die par­le­ment ge­noem is,” sê Rantho.

Die Gup­tas word on­der­werp aan val­se be­we­rings van kor­rup­sie wat deel is van ’n “bla­tan­te po­li­tie­ke veld­tog” om hul­le ska­de te be­rok­ken, het ’n woord­voer­der van die fa­mi­lie aan BBC ge­sê.

“Daar is baie vals be­skul­di­gings oor Oak­bay en sy aan­deel­hou­ers wat deel is van ’n bla­tan­te po­li­tie­ke veld­tog teen ons,” het Ga­ry Nai­doo, woord­voer­der van die fa­mi­lie, ge­sê in re­ak­sie op vrae deur BBC wat gis­ter deur Reu­ters ge­sien is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.