Vrou wat hi­jab dra, word gou e­mo­ti­kon

Beeld - - Voorblad -

Vroue met hoof­tooi­sels word nou ook deur e­mo­ti­kons ver­teen­woor­dig, dank­sy ’n tie­ner oor­spronk­lik van Sa­oe­di-Ara­bië.

Ra­youf Al­hu­med­hi (16) het die ont­wik­ke­laars oor­tuig om ’n e­mo­ti­kon te skep wat na haar, en “mil­joe­ne vroue van ver­skil­len­de ras­se” oor die wê­reld heen lyk. Sy sê dit gaan haar ver­stand te bo­we dat ’n ge­pas­te e­mo­ti­kon nie reeds be­staan nie en het aan The U­ni­co­de Con­sor­ti­um, ’n nie­wins­ge­wen­de kor­po­ra­sie wat e­mo­ti­kons ont­wik­kel, ge­skryf met haar voor­stel.

Ap­ple het vroe­ër van­dees­week op sy web­tuis­te be­kend ge­maak dat Al­hu­med­hi se voor­stel, as­ook ’n be­baar­de man, ’n vrou wat bors­voed, ’n zom­bie en ver­skeie an­der e­mo­ti­kons la­ter van­jaar te sien sal wees.

An­der toe­voe­gings sluit in ’n T-Rex, se­bra, toe­brood­jie en ’n ko­kos­neut. Die be­grip­pe “star­struck” en “ex­plo­ding he­ad” sal ook ge­bruik kan word.

Al­hu­med­hi se i­dee het ont­staan toe sy en haar vrien­de ’n W­hat­sApp-groep wou stig en hul­le nie ’n e­mo­ti­kon kon vind om haar te ver­teen­woor­dig nie.

Al­hu­med­hi, wat nou in We­ne in Oos­ten­ryk woon, het aan CNN ge­sê sy is baie te­vre­de met die uit­koms. “Ek is so op­ge­won­de dat dit ná al die werk ge­reed is.”

Fo­to: TWITTER

Dank­sy Ra­youf Al­hu­med­hi (16) is ’n nu­we e­mo­ti­kon die wê­reld in­ge­stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.