Myl­paal

Ru­an speel sy 50ste Su­per­wed­stryd

Beeld - - Voorblad - Chris­to Bu­ch­ner

Al het hul­le nie ver­le­de week die spel ge­le­wer waar­toe hul­le in staat is nie, het Jo­han Ac­ker­mann sy ver­troue ge­plaas in die­self­de trop Leeus vir mô­re se Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd teen die Haaie op El­lis­park in Jo­han­nes­burg.

Die span wat die Haaie in Durban ge­klop het, is net so be­hou. Dit be­te­ken die S­pring­bok­sen­ter Ro­han Jan­se van Rens­burg sal weer ’n plaas­ver­van­ger wees.

Die reg­ter­vleu­el Ru­an Com­brinck, wat nie veel ver­mag het op Kings­park nie, speel in sy 50ste Su­per-wed­stryd en sal ge­wis veel meer op­sig­te­lik wil wees voor sy tuis­ska­re in hier­die reg-of-weg-wed­stryd vir die Leeus.

El­ton Jan­tjies, wat ver­le­de week die re­kord­hou­er vir die Leeus ge­word het vir die mees­te Su­per-ver­sky­nings, 84 wed­stry­de, bou mô­re voort op die re­kord wat hy by die eer­tyd­se kap­tein, Fran­co van der Mer­we (83), af­ge­neem het.

Ac­ker­mann, die Leeus se hoof­af­rig­ter, het gis­ter by die span­aan­kon­di­ging ge­sê hul­le sal be­slis nie so ar­ro­gant wees om die Haaie nie die re­spek te be­toon wat hul­le ver­dien nie.

“Ons moes hier­die sei­soen in al­bei wed­stry­de teen hul­le hard werk om te se­ë­vier en ons weet maar al te goed oor wat­ter po­ten­si­aal die Haaie be­skik. Ons het die wê­reld se re­spek vir hul ver­moë,” sê hy.

Hy glo ook die in­slui­ting van Cur­win Bosch as los­ska­kel ver­sterk die Haaie aan­sien­lik.

“Hy was die Spe­ler van die Wed­stryd toe hul­le vroe­ër in die sei­soen hier by ons ge­speel het en hy kan jou kwaai straf met sy skop­skoen,” er­ken Ac­ker­mann.

Hy glo ook die feit dat die Leeus ver­le­de sei­soen suk­ses­vol was in hul uit­speel­wed­stry­de op El­lis­park gaan nie reg­tig nou veel be­te­ken nie. “Dit sal gaan oor wat op die dag ge­beur. Jy kry nou een kans en moet hom ge­bruik. Doen jy dit nie, is dit ver­by met jou.”

Ac­ker­mann sê ook sy span gaan nie som­mer nou van hul aan­val­len­de be­na­de­ring, wat tot dus­ver hier­die sei­soen suk­ses ge­bring het, af­wyk nie.

“Dit is wel nou ’n ge­val dat jy eint­lik net no­dig het om met een punt te wen om deur te gaan, maar ons gaan be­slis nie nou in ons dop kruip en meer kon­ser­wa­tief speel nie.

“Die spe­lers is soos re­sies­per­de. Hul­le word op ’n se­ke­re ma­nier voor­be­rei en dit is om aan te val en drieë te druk. Dit gaan dom wees om nou daar­van te wil af­wyk,” sê Ac­ker­mann.

“Jy gaan wel in si­tu­a­sies in die wed­stryd kom waar dit meer voor­de­lig gaan wees om pa­le toe te skop as kant­lyn toe vir ’n moont­li­ke drie, maar ek ver­trou vir Ja­co (K­riel, die kap­tein) om die si­tu­a­sie op die veld reg te lees en te weet wan­neer om wat te doen,” sê hy.

Die Leeus be­sef ook hul­le sal ver­al sterk moet staan wat die vas­te fa­set­te be­tref, want dit is waar die Haaie se sterk­punt lê.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ru­an Com­brinck be­reik mô­re ’n per­soon­li­ke myl­paal in die Leeus se Su­per­rug­by­kwart­eind­stryd teen die Haaie op El­lis­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.