Lief­ling

De­rick sê nu­we werk gee hom nu­we rig­ting

Beeld - - Voorblad - Si­mon Son­ne­kus

De­rick Hou­gaard is “deur ’n klein woes­tyn”, maar hy het daar­uit ge­leer en kyk nou vo­ren­toe.

Al was sy eg­skei­ding van die san­ge­res Kar­lien van Jaars­veld van die rof­ste tye in sy le­we, sê die voor­ma­li­ge Lief­ling van Lof­tus hy hou sy kop nou om­hoog.

Hy pro­beer in ’n nu­we pos groei ter­wyl hy ook pro­beer om “eer­ba­re mans” van sy twee­ling­seun­tjies, E­li­ah en Da­niel, te maak.

“Ek het be­sef dis waar dat tyd won­de ge­nees. Ver­der het die feit dat ek ná so lank weer kon doen waar­voor ek lief is ook ge­help om my kop te swaai.

“My seer is nie u­niek nie, daar is mil­joe­ne wat deur die­self­de en er­ger gaan. Om­dat baie daar­van in die pu­bliek uit­ge­speel het, was dit soms ’n bie­tjie moei­li­ker, maar al is daar men­se wat kri­ties en le­lik was, het ek al­les eint­lik po­si­tief er­vaar,” sê hy in sy huis in die oos­te van P­re­to­ria.

Hy sal eer­der wil hê dat an­der men­se iets uit sy er­va­ring kan leer.

“Ek het al baie daar­oor ge­dink of ek moet skryf oor al­les wat ge­beur het. Dit het al ge­beur dat men­se na my toe kom en sê: ‘Ek en my vrou is deur ’n moei­li­ke tyd en dit wat jy be­leef het, het ons weer ge­kry tot waar ons van­dag is.’ Om sul­ke sto­ries te hoor, maak my ge­luk­kig.

“Die feit dat ek deur ’n klein woes­tyn is en ’n stryd moes voer met my­self en dit iets vir ie­mand be­te­ken, wys dit was die moei­te werd,” sê Hou­gaard.

Hy sê dit is dalk ’n cli­ché om te sê hy het ster­ker an­der­kant uit­ge­kom, maar hy meen hy het ge­leer om die seer te han­teer en het so­doen­de e­mo­si­o­ne­le in­tel­li­gen­sie ge­kry wat hom ’n hart ge­gee het vir an­der men­se.

“Waar ek nou staan, sal ek oor niks in hier­die wê­reld ’n o­pi­nie wil vorm as ek nie self daar­die pad ge­stap en dit self er­vaar het nie.”

Sy werk by die pro­duk­sie­maat­skap­py Vir­tu­al Pro­ducti­ons het vir hom nu­we rig­ting en ’n doel in die le­we ge­gee. Die maat­skap­py het vroe­ër van­jaar on­der meer ge­help by ge­leent­he­de soos An­gus Bu­chan se bid­saam­trek in Bloem­fon­tein en prin­ses C­har­le­ne van Mo­na­co se be­wus­ma­kings­pro­jek­te vir haar lief­da­dig­heids­tig­ting.

“In my werk ont­moet ek a­ma­zing men­se.

“Dit hou my ook op my to­ne en daar is baie laat aan­de, maar dit bly lek­ker om deel te wees van ’n maat­skap­py wat groei en wat my per­ke toets.”

Die nu­we loop­baan eis wel sy tol, maar on­danks ’n vol werk­week, sê Hou­gaard, kry hy wel kans om ge­hal­te­tyd saam met sy seuns deur te bring.

“Die groot­ste uit­da­ging om ’n wer­ken­de pa te wees, is die skuld­ge­voel. Ek sal graag daar wil wees wan­neer hul­le sog­gens wak­ker word en wan­neer hul­le saans gaan slaap, maar uit die aard van die saak hou die werk my be­sig. Daar is tye op die pad of by ver­to­nings wan­neer ek ver­skrik­lik na hul­le ver­lang.

“Dit is ’n ver­lan­ge wat nie­mand kan be­skryf nie, maar wan­neer ons me­kaar sien, be­stee ons won­der­li­ke ge­hal­te­tyd saam.”

Hy pro­beer die waar­des wat hy as kind ge­leer het aan hul­le oor­dra.

“Ek hoop al­bei die seuns is een­dag eer­ba­re mans, want ’n op­reg­te, eer­ba­re man is so be­dreig soos re­nos­ters.”

Die oud-S­pring­bok-los­ska­kel sê hy hoop ook dat die seuns ne­de­rig sal bly en ver­staan dat an­der kin­ders dalk nie so be­voor­reg soos hul­le is nie.

“As ek vir hul­le een les kan leer, is dit dat al­les in die le­we nie mak­lik ge­beur nie. Die feit dat ’n mens be­voor­reg groot­word, is ’n bles­sing, maar ek wil hê hul­le moet weet dat jy moet werk en al­les moet in­sit voor­dat jy kan kry wat jy wil hê.”

Hy het die laas­te tyd baie sak­ke sout op­ge­ëet, sê hy.

“Ek het die laas­te paar jaar deur ge­noeg ge­gaan om som­mer twee boe­ke

‘‘

Ek het wel by die punt ge­kom waar ek be­sef het da­de spreek so­veel meer as woor­de. Ek het ge­leer dat men­se jou al­tyd sal te­leur­stel, maar dat jy jou­self op ’n plek moet kry waar jy ge­luk­kig is met jou­self en be­sef dat jou ver­hou­ding met God nie­mand an­ders s’n is nie.

— DE­RICK HOU­GAARD

te kan skryf, maar ek het in daar­die tyd ook meer as ooit ge­leer.”

Hy sê hy pro­beer ’n ma­nier vind om sy gees­te­li­ke le­we te ver­be­ter.

“As ek heel­te­mal eer­lik met my­self moet wees, dink ek ek is gees­te­lik in die swak­ste plek. Die eg­skei­ding en al­les wat die laas­te tyd ge­beur het, was gees­te­lik vir my die groot­ste uit­da­ging.

“Ek was nog nooit op ’n plek waar ek nie ge­weet het waar­in ek glo nie. Ek het wel by die punt ge­kom waar ek be­sef het da­de spreek so­veel meer as woor­de. Ek het ge­leer dat men­se jou al­tyd sal te­leur­stel, maar dat jy jou­self op ’n plek moet kry waar jy ge­luk­kig is met jou­self en be­sef dat jou ver­hou­ding met God nie­mand an­ders s’n is nie.”

Oor die ge­rug­te dat hy en die san­ge­res Ná­di­ne in ’n ro­man­tie­se ver­hou­ding is, wil hy nie ’n woord rep nie.

Al weet Suid-A­fri­ka nie waar De­rick se hart lê nie, er­ken hy dat ’n deel daar­van steeds op die rug­by­veld ag­ter­ge­bly het. Hy sê sy droom­werk is om ’n rug­by­klub te be­stuur.

“Of dit nou in Pi­ket­berg of in P­re­to­ria is, dit is my droom dat die een of an­der mil­joe­nêr my ’n hoop geld gee om die lei­sels van ’n rug­by­klub oor te neem en spe­lers te werf om dit ’n wê­reld­klas­klub te maak,” sê hy.

“Toe ek oor­see was, het my kop oop­ge­gaan. As jy kyk hoe hul­le klubs oor­see be­dryf, sien jy hoe bou hul­le ’n brand, ter­wyl ons hier in SuidA­fri­ka eer­der kyk hoe ons geld kan be­spaar. As ons iets groots soos oor­see kan be­gin bou, sal Suid-A­fri­kaan­se span­ne nie suk­kel om hul spe­lers te be­hou nie.”

Oor sy ge­lief­de Lig­blou­es meen die eer­tyd­se Lief­ling van Lof­tus dat die Bul­le on­der lei­ding van John Mit­chell weer kan op­staan.

“El­ke keer as die Bul­le op die veld draf, dink ek hoe ’n ta­lent­vol­le span met se­ker een van die bes­te ag­ter­ly­ne in die land daar op­draf. Jy kan nie jou vin­ger daar­op sit nie, maar dalk is dit net ’n jong span wat deur ’n har­de tyd moet gaan voor­dat hul­le be­hoor­lik be­gin gel.

“Die ge­heim sal wees of Mit­chell met hul har­te kan werk. Suid-A­fri­ka­ners speel met baie meer hart as die oor­se­se spe­lers, so dit sal in­te­res­sant wees om te sien hoe hy met hul­le werk.”

Nie­te­min sê De­rick hy sal net aan­hou om aan te hou.

“Dit voel al­tyd goed as men­se jou kom vra vir ’n hand­te­ke­ning, selfs nog meer as dit jong kin­ders is, want hul­le het my nie as spe­ler ge­ken nie. Hul pa’s moes da­rem vir hul­le ge­sê het ek was toe nie so sleg nie,” sê hy lag­gend.

Fo­to: DEAAN VIVIER

De­rick Hou­gaard sê sy nu­we werk by Vir­tu­al Pro­ducti­ons het hom ’n nu­we doel in die le­we ge­gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.