‘Fir­ma kry N­kand­la­werk vóór ten­der­pro­ses’

Beeld - - Nuus -

P­res. Ja­cob Zu­ma het die bou­maat­skap­py Mo­ney­mi­ne En­ter­pri­ses aan­ge­stel lank voor­dat die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ker be­trok­ke ge­raak het by die ten­der­pro­ses vir op­knap­pings­werk aan sy woon­kom­pleks by N­kand­la.

Chris­ti­an Leg­wa­be, die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid se hoof- fo­ren­sie­se on­der­soe­ker, het gis­ter in ’n tug­ver­hoor ge­tuig die “ei­e­naar van die ei­en­dom (Zu­ma)” het Mo­ney­mi­ne aan­ge­stel en die maat­skap­py was op die per­seel lank voor­dat die ten­der goed­ge­keur is”.

Leg­wa­be sê daar is reeds op 17 Maart 2009 be­sluit dat Mo­ney­mi­ne die voor­keur­bou­maat­skap­py gaan wees om die op­knap­pings­werk te doen.

“15 Ju­nie 2010 is be­lang­rik vir hier­die saak, want dit was toe hul­le die ten­der vir Mo­ney­mi­ne goed­ge­keur het.”

Leg­wa­be ge­tuig in die tug­ver­hoor van Jayshree Par­de­si, na­si­o­na­le di­rek­teur ver­ant­woor­de­lik vir die be­stuur van sleu­tel­re­ke­nin­ge. Sy is een van 12 amp­te­na­re van die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ke wat daar­van be­skul­dig word dat hul­le on­wet­tig op­ge­tree het in hul rol in die R246 mil­joen-ver­be­te­rin­ge aan die kom­pleks.

Par­de­si was lid van die streek­bod­be­reg­ti­gings­ko­mi­tee (RBAC) wat die kon­trak aan Mo­ney­mi­ne toe­ge­ken het.

Leg­wa­be het Woens­dag ge­sê die ten­der­pro­ses was nie reg­ver­dig, deur­sig­tig, vol­doen­de of lo­nend nie, want “dit het nie an­der bie­ërs toe­ge­laat om te bie nie” en “die ten­der is nie ge­ad­ver­teer nie”.

“Hul­le het ge­noeg tyd ge­had om deur ’n oop ten­der­pro­ses te gaan. Daar was ’n lang tyd­perk van on­der­han­de­lin­ge tus­sen Mo­ney­mi­ne en die RBAC.”

Vol­gens Leg­wa­be was Mo­ney­mi­ne voor­heen by N­kand­la en het ’n huis daar ge­bou. Hy sê die po­li­sie, die S­taats­vei­lig­heids­a­gent­skap en die de­par­te­ment van ver­de­di­ging het Zu­ma se woon­huis be­soek. Hul­le het be­vind dit is on­vei­lig en het vei­lig­heids­ver­be­te­rings no­dig, het Leg­wa­be ge­sê.

“Die ei­e­naar van die ei­en­dom (Zu­ma) wou ge­had het Mo­ney­mi­ne moet te­rug­kom en die werk doen, want daar was ver­troue (tus­sen hul­le).”

Je­an Rin­del, pro­jek­be­stuur­der, het op 17 Maart 2009 ’n brief aan die RBAC ge­stuur. Rin­del het ge­sê Zu­ma het Mo­ney­mi­ne goed­ge­keur om die ver­be­te­rings te doen.

“Die pro­jek was ge­heim­sin­nig en ge­jaag. Rin­del was ver­on­der­stel om vir die RBAC-le­de drie dae voor die ver­ga­de­ring ’n do­ku­ment (a­gen­da) te gee in­ge­vol­ge die de­par­te­ment se ge­drags­ko­de. As ver­ant­woor­de­li­ke RBAC-le­de moes hul­le ge­wei­er het om die ten­der goed te keur.”

Die eer­ste twee fa­ses van die op­knap­pings­werk sou na ver­wag­ting R14 mil­joen ge­kos het. Mo­ney­mi­ne is R6,1 mil­joen vir die eer­ste fa­se be­taal.

Mo­ney­mi­ne was be­trok­ke by die werk aan die hoof­huis, die om­lig­gen­de ron­da­wels, die bun­ker en die grens­hei­ning as deel van die op­knap­pings.

Adv. T­hu­la­ni K­hu­z­wa­yo, voor­sit­ter van die ver­hoor, het dit tot 31 Au­gus­tus en 1 Sep­tem­ber uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.