DA is bly wa­ter en sa­ni­ta­sie wil DG pos

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Die DA ver­wel­kom die moont­li­ke skor­sing van Dan Mashi­tis­ho as di­rek­teur-ge­ne­raal (DG) van wa­ter en sa­ni­ta­sie.

Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, het hom in­ge­lig hy moet re­des ver­skaf waar­om hy nié ge­skors moet word nie.

“Die mi­nis­ter wag op die DG se ant­woord op haar brief en sal daar­na ’n be­sluit neem,” sê M­li­mand­le­la N­da­ma­se, Mo­ko­ny­a­ne se woord­voer­der.

Le­on Bas­son, DA-LP en lid van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor wa­ter en sa­ni­ta­sie, sê die par­ty het Mashi­tis­ho se aan­stel­ling in De­sem­ber 2016 be­vraag­te­ken om­dat hy geen er­va­ring van wa­ter en sa­ni­ta­sie het nie.

“Die mi­nis­ter moet self ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir Mashi­tis­ho se aan­stel­ling. Hy het na be­we­ring nie eens aan­soek ge­doen om die pos nie, maar die mi­nis­ter het hom op die kort­lys ge­plaas.”

Mashi­tis­ho was tot met sy aan­stel­ling stads­be­stuur­der van die Mo­ga­le Ci­ty-mu­ni­si­pa­li­teit en het voor­heen die­self­de pos in die Me­ra­fong-mu­ni­si­pa­li­teit be­klee.

Bas­son sê die DA sal die ko­mi­tee vra om ’n drin­gen­de ver­ga­de­ring oor be­we­rings dat Mo­ko­ny­a­ne druk op Mashi­tis­ho ge­plaas het om ’n kon­trak met die regs­fir­ma Werks­mans te sluit. Die DA gaan ook die ou­di­teur-ge­ne­raal na­der om die be­we­rings te on­der­soek.

Ci­ty P­ress het Son­dag be­rig Mashi­tis­ho het glo ge­wei­er om Werks­mans se aan­stel­lings­brief te te­ken.

Vol­gens die koe­rant het hy in ’n brief aan Mo­ko­ny­a­ne ge­sê:

Werks­mans het ’n aan­stel­lings­brief voor­ge­lê wat werk in­sluit waar­op nie aan­vank­lik oor­een­ge­kom is nie;

Die fir­ma het reeds an­der diens­ver­skaf­fers, soos fo­ren­sie­se en re­ke­naar­ken­ners, son­der sy goed­keu­ring aan­ge­stel; en

Die fir­ma het nie ’n kos­te­voor­leg­ging ge­doen nie.

Ber­nard Hotz, hoof van sa­ke­mis­daad en on­der­soe­ke by Werks­mans, sê Mo­ko­ny­a­ne en adv. Ter­ry Mo­tau SC sal die kwes­sie han­teer. Mo­tau is die hoof van ’n taak­span wat Mo­ko­ny­a­ne in Ok­to­ber aan­ge­stel het om klag­te oor on­der meer wan­ad­mi­nis­tra­sie in die de­par­te­ment te on­der­soek.

Mashi­tis­ho se kan­toor het by na­vraag ge­sê hy is nie be­skik­baar vir kom­men­taar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.